Onkundige en Dom Gedrag episode artwork

EPISODE · Nov 30, 2024 · 2 MIN

Onkundige en Dom Gedrag

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 73:21,22 Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos ’n dier voor U. (NLV) Het jy al ooit 'n ballon met 'n naald geprik? Een oomblik is dit hierdie pragtige rooi ballon wat deur die lug dryf. Die volgende oomblik, hoor jy ‘n harde slag! En daar lê ‘n slap, lewelose stukkie plastiek op die grond.Ek het dikwels al gesien dat swaarkry erger voel, wanneer dit onverwags kom, net wanneer alles vir so ‘n ruk so goed gegaan het dat jy gedink het jy is onaantasbaar. Dit voel skielik vir jou asof jou pragtige rooi ballon deur 'n naald geprik word. Met ‘n knal verander jou lewe in ‘n oogwink, van daardie … tot hierdie. En al wat nodig was, was die kleinste speldeprik.So, daar is jy, slap en leweloos op die vloer, en nou begin jy nadink oor wat gebeur het, hoekom dit gebeur het, wat kon anderster gewees het, as dit nie gebeur het nie. Wanneer laas het jou hoop en drome so ineengestort? Hoe het dit jou laat voel?Die waarheid is, dat as jy daardie negatiewe gevoelens omhels, dit 'n verskriklike uitwerking op jou kan hê.Psalm 73:21,22 Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos ’n dier voor U. (NLV)As jy bly terugdink aan die teleurstelling van dít wat pas gebeur het en daardie gevoel van die speldeprik in jou hart vertroetel, raak jou siel verbitterd. En, laat ons eerlik wees, wanneer ons in daardie toestand is, begin ons ongesond, onredelik optree - op 'n onkundige, aggressiewe, dierlike manier.Moenie dat die trauma van die slegte dinge wat langs die pad met jou gebeur het, jou bitter maak nie. Dit is net nie die moeite werd nie!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 30, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 73:21,22 Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos ’n dier voor U. (NLV) Het jy al ooit 'n ballon met 'n naald geprik? Een oomblik is dit hierdie pragtige rooi ballon wat deur die lug dryf. Die volgende oomblik, hoor jy ‘n harde slag! En daar lê ‘n slap, lewelose stukkie plastiek op die grond. Ek het dikwels al gesien dat swaarkry erger voel, wanneer dit onverwags kom, net wanneer alles vir so ‘n ruk so g...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Onkundige en Dom Gedrag

0:00 2:43

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 30, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!