Onnosel Maar Geroepe episode artwork

EPISODE · Feb 15, 2026 · 3 MIN

Onnosel Maar Geroepe

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Het jy al ooit heeltemal onbekwaam vir 'n taak gevoel?  Ja, ek het beslis ook al dikwels onnosel gevoel! Ignatius van Loyola was 'n ydel, glorie-honger jong soldaat in die 16de eeu in Spanje. Hy was meer geïnteresseerd in roem en romanse as geloof. Hy het eer op die slagveld nagejaag totdat 'n kanonkoël sy been én sy planne verpletter het. Tydens 'n lang, pynlike herstelproses het hy niks anders te doen gehad as om stories van Jesus en die heiliges te lees nie.Stadigaan het sy nuutgevonde oortuiging sy ambisie vervang. Die eens doellose dromer het hom aan Christus oorgegee en een van die invloedrykste sending- en opvoedkundige bewegings in die geskiedenis, die Jesuïete, tot stand gebring.Soms roep God die onkundiges nie omdat hulle gereed is nie, maar omdat Hy op die punt staan om hulle gereed te maak.Ek kan myself so inleef in so ‘n situasie. Wat van jou? Toe ek ingespring het om die mediabediening van Christianityworks te lei, was ek nie net onkundig nie, ek was totaal onbekwaam en nogal naïef. Ek het absoluut geen idee gehad van wat om te doen nie. Ek het geroepe gevoel; ek het kinderlike geloof gehad; ek het besigheidsvaardighede gehad, maar om 'n sterwende bediening op die randjie van ineenstorting te laat herleef, was heeltemal bo my vuurmaakplek.Wat Ignatius ontdek het, en wat ek en soveel ander deur die eeue ontdek het, is, dat wanneer jy in God se diens is, jy nie in beheer is nie. Dit beteken dis oukei om nie alles vooraf honderdpersent uitgepluis te hê nie.Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.Met ander woorde, ons is nie veronderstel om alles perfek te verstaan nie. God vereis nie perfekte planne van ons kant nie; Hy vra bloot vir ons vertroue. Sy leiding kom wanneer ons saam met Hom werk, nie wanneer ons ons eie minder-as-briljante planne volg nie.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Send us Fan Mail Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Het jy al ooit heeltemal onbekwaam vir 'n taak gevoel? Ja, ek het beslis ook al dikwels onnosel gevoel! Ignatius van Loyola was 'n ydel, glorie-honger jong soldaat in die 16de eeu in Spanje. Hy was meer geïnteresseerd in roem en romanse as geloof. Hy het eer op die slagveld nagejaag totdat 'n kanonkoël sy b...

NOW PLAYING

Onnosel Maar Geroepe

0:00 3:14

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

HOMELAND HOMELAND The Church is a body not a building. It's the bride of Jesus Christ! Jesus is coming back for a mature bride. That means it's time for the church of Jesus Christ to move from milk to meat. This is the hour of maturity!HOMELAND is an announcement that the church is being set free. Only the church has the ability to transform the world. The kingdom's of this world will become the kingdoms of our Lord and Savior!All of creation has been waiting for this moment! Sons and daughters of God are rising up and taking their seat! The Field Priest Methodius Chwastek The Field is a place of cultivation and of battle. In the Church, we learn to cultivate a life pleasing to God. This life is shaped in the spiritual battle. This series examines, chapter by chapter, the Christian classic The Field, by Saint Ignatius Brianchaninov. Please join me as I explain this great work in terms the modern Orthodox Christian can understand.  Sermons | Countryside Bible Church Countryside Bible Church At Countryside Bible Church, we equip believers to joyfully live holy lives, to serve one another, and to share the gospel of Jesus Christ, all to the glory of God. We are committed to a high view of God, and a high view of Scripture. Tweens and Dreams Anna B 💕 Hi! I’m Anna, a 12 year old in seventh grade! I’m a theater kid! (HAMILTON IS GOD!!) I post about a variety of things; some of these things include journaling, TV shows/movies, music, shopping, theater, books, etc. If you have any episode requests please comment and I will do my best to do them! If you have any movie, TV show, book, or music recommendations I would love to hear them so please comment!! I’m always looking for more TV shows, movies, books, and music artists to watch/read/listen to! But anyways, I hope you enjoy listening 💕💕

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 15, 2026.

What is this episode about?

Send us Fan MailSpreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Het jy al ooit heeltemal onbekwaam vir 'n taak gevoel?  Ja, ek het beslis ook...

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes, you can download this episode by clicking the download button on the episode player, or subscribe to the podcast in your preferred podcast app for automatic downloads.
URL copied to clipboard!