Ons het Almal dié Basiese Behoefte episode artwork

EPISODE · Oct 31, 2024 · 2 MIN

Ons het Almal dié Basiese Behoefte

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 11:5,6 Net so is dit ook vandag: daar is 'n oorblyfsel wat uit genade deur God uitverkies is. En as dit uit genade is, dan is dit nie uit verdienste nie, anders sou die genade nie meer genade wees nie. Ons het almal van tyd tot tyd die goedgesindheid van ander mense nodig. Ons het hulle deernis en hul goedhartigheid nodig om ons deur moeilike omstandighede te help. Ja, ons het beslis ons medemens nodig.Wanneer laas het jy simpatieke behandeling van iemand in jou lewe nodig gehad? Onthou jy hoe hulpeloos jy in daardie moeilike situasie gevoel het?En in daardie moeilike situasie kom daar ‘n persoon na jou toe met 'n vriendelike woord, of ‘n daad wat daardie onmoontlike situasie omgekeer het. Onthou jy hoe dankbaar jy op daardie oomblik gevoel het? Dis beslis nie iets wat jy maklik sal kan vergeet nie.Wat hy vir jou gedoen het; hoe hy op die regte oomblik opgedaag het, selfs al het jy dit nie verdien nie, dit word … genade genoem. En bo en behalwe die alledaagse dinge wat van tyd tot tyd met ons gebeur, het ons almal soms 'n behoefte aan ongewone genade.Ons kan nooit in ons eie krag ons verhouding met God regmaak nie. Want met al die sonde wat ons in ons lewens gedoen het, kan ons nooit, ooit, deur enigiets wat ons sê of doen, ons pad terugwerk om in God se guns te kom nie. Elkeen van ons ontbreek sy heerlikheid, met ander woorde as ons sondig leef; leef ons nie tot God se eer nie. Elkeen van ons verdien om vir ons sonde gestraf te word. En tog … Romeine 11:5,6 Net so is dit ook vandag: daar is 'n oorblyfsel wat uit genade deur God uitverkies is. En as dit uit genade is, dan is dit nie uit verdienste nie, anders sou die genade nie meer genade wees nie. Glo in Jesus, en jy word gered deur een ding en één ding alleen. God se genade.Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 31, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 11:5,6 Net so is dit ook vandag: daar is 'n oorblyfsel wat uit genade deur God uitverkies is. En as dit uit genade is, dan is dit nie uit verdienste nie, anders sou die genade nie meer genade wees nie. Ons het almal van tyd tot tyd die goedgesindheid van ander mense nodig. Ons het hulle deernis en hul goedhartigheid nodig om ons deur moeilike omstandighede te help. Ja, ons het beslis ons medemens nodig. Wanneer laas het jy simpatieke behandeling van iemand in j...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Ons het Almal dié Basiese Behoefte

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 31, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!