Onthou die Belofte episode artwork

EPISODE · Apr 1, 2024 · 2 MIN

Onthou die Belofte

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 14:26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. In die ou dae was seilskepe die algemeenste vorm van skeepsvervoer. Onverskrokke matrose het met seilskepe die aardbol deurkruis en groot oseane oorgesteek om nuwe wêrelde te ontdek. Hulle was aangedryf deur een ding, en een ding alleen. Die wind.Deesdae is daar natuurlik ook massiewe brandstof-aangedrewe vaartuie. Dit het veroorsaak dat skeepskepe meer van 'n sport en vermaak, as 'n noodsaaklikheid, geword het. En hoewel ek nog nooit baie aangetrokke tot daardie spesifieke sport was nie, moet ek erken dat die paar keer wat ek op 'n seiljag was, nogal opwindend was.Wanneer die wind gaan lê, verloor ‘n seiljag sy krag. Vandag kan dit beteken dat jy 'n wedvaart verloor, maar destyds was 'n windstilte vir almal aan boord verlammend, selfs dodelik.Dit lyk vir my of 'n Christelike lewe sonder die Heilige Gees baie so is. Charles Spurgeon, die negentiende-eeuse Britse prediker en evangelis, het eenkeer gesê dat ons sonder die Gees van God niks kan doen nie. Ons is soos skepe sonder wind, heeltemal nutteloos.Voordat Hy gekruisig is, het Jesus hierdie belofte aan sy dissipels gemaak:Johannes 14:26 … en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.Dink aan die Gees van God as die wind in jou seile. Hy herinner jou aan dinge wat Jesus gesê het, en Hy help jou om alles te word wat Hy jou geskep het om te wees. Dis die magtige hand van God in jou lewe, die hand van sy grootheid, om tot sy eer in jou en deur jou te werk.Hoekom sal ons ooit op ons eie die mas probeer opkom? Ons sal soos skepe in ‘n windstil see ronddobber en uiteindelik sterf. God, die Heilige Gees, is jou Helper.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 1, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 14:26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. In die ou dae was seilskepe die algemeenste vorm van skeepsvervoer. Onverskrokke matrose het met seilskepe die aardbol deurkruis en groot oseane oorgesteek om nuwe wêrelde te ontdek. Hulle was aangedryf deur een ding, en een ding alleen. Die wind. Deesdae is daar natuurlik ook massiewe brandstof-aangedr...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Onthou die Belofte

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 1, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!