Onverdiende Liefde episode artwork

EPISODE · Dec 1, 2024 · 3 MIN

Onverdiende Liefde

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 73:21-24 Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos ’n dier voor U. Tog is ek nog altyd by U; U hou my regterhand vas. U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. (NLV) Die toppunt van liefde is beslis die liefde wat ons ontvang, wanneer ons dit die minste verdien. Die liefde wat jy kry wanneer iemand jou nie verwerp wanneer jy bitter is nie; en jou ondersteun wanneer jy sleg en onredelik optree.Ja, my vriend, ons was almal al bitter. Ons het ons beslis ook dikwels sleg gedra. Ons was almal al haatdraend. En soos ek gister gesê het, die bitterheid in ons siel oor die slegte dinge wat met ons gebeur het en die slegte gedrag wat gevolg het, is eenvoudig nie die moeite werd nie.Nee, jy weet dit baie goed, maar om jouself uit daardie negatiewe emosies los te skeur, is nie altyd maklik nie. Soms is dit heeltemal onmoontlik. Wat jy nodig het, is iemand wat jou in daardie situasie, wanneer jy dit nie verdien nie, sal liefhê. Iemand om by jou te wees en om jou hand vas te hou wanneer jy onredelik is.Kyk wat sê die psalmis wanneer hy met God praat in:  Psalm 73:21-24 Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos ’n dier voor U. Tog is ek nog altyd by U; U hou my regterhand vas. U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. (NLV)Asaf, wat die Psalm geskryf het, was verbitterd, en hy het verontreg en hopeloos gevoel. Hy het hom soos ‘n redelose dier teenoor God gedra. Dit is nogal 'n stewige lys van negatiewe emosies nè? Maar ten spyte van sy reaksie … het God hom nooit verlaat nie, in plaas daarvan, het Hy sy regterhand vasgehou, hom gelei, hom raad gegee en nadat Hy hom deur dit alles gelei het, het God hom in sy heerlikheid ontvang.Dit my vriend, is die absolute toppunt van liefde, dieselfde liefde wat God vir jou in jou donkerste uur het. Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie. Hy sal jou deur dit alles lei tot in sy heerlikheid.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 1, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 73:21-24 Ek was verbitterd in my hart en verskeurd in my binneste. Ek was dwaas en onnosel; ek was dom soos ’n dier voor U. Tog is ek nog altyd by U; U hou my regterhand vas. U lei my met u raad, daarna sal U my opneem en in heerlikheid ontvang. (NLV) Die toppunt van liefde is beslis die liefde wat ons ontvang, wanneer ons dit die minste verdien. Die liefde wat jy kry wanneer iemand jou nie verwerp wanneer jy bitter is nie; en jou ondersteun wanneer jy sleg en on...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Onverdiende Liefde

0:00 3:13

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 1, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!