Oorwin Finansiële Stres (3) episode artwork

EPISODE · May 14, 2025 · 3 MIN

Oorwin Finansiële Stres (3)

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 22:7 Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen. In die wêreld van groot en gekompliseerde finansies, gebruik die slim ouens baie dikwels skuld om meer geld te maak. Dit word hefboombeleggings genoem. Jy leen iemand anders se geld, belê dit en maak hopelik meer geld. Ek weet nie van jou nie, maar ek leef nie in die wêreld van sulke groot en gekompliseerde finansies nie.In sogenaamde ontwikkelde ekonomieë is die groot bekommernis – beide vir finansiële reguleerders en individue – die maklike beskikbaarheid van verbruikersfinansiering. Wat die saak nog erger maak, is dat mense dikwels skuld, nie gebruik om beleggings of selfs 'n huis te finansier nie, maar om nuttelose snuisterye, wat hulle regtig nie nodig het nie, te koop.Dit word baie erger in armer lande, waar mense net 'n paar luukse artikels wil hê. So word ekonomies kwesbare mense in 'n afwaartse spiraal van skuld gelok deur ongereguleerde geldskieters, woekeraars of leningshaaie. En as gevolg daarvan sien ons in:Spreuke 22:7 Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen.Luister asseblief baie mooi na God se Woord. Wees baie, baie versigtig met skuld, want jy kan alte maklik 'n slaaf daarvan word deur môre se finansiële seën vandag te verkwis.Soms maak skuld sin; om 'n huis te koop; of om 'n klein lening vir 'n voertuig wat jy regtig nodig het, aan te gaan.Maar as jy links en regs skuld maak, deur van hierdie ‘maklike skuld’ te gebruik, raak jy verslaaf daaraan. Wees versigtig vir dinge wat op die oog af so blink en aantreklik lyk: want die bankkredietkaarte, die winkelkredietplanne en die koop-nou-betaal-later-skemas, kom dikwels met hoë rentekoerse, met strafheffings vir laat betalings, verborge fooie en heffings en 'n reeks ander nare gevolge.Om skuld te maak, is vinnig en maklik; maar stadig en moeilik om daaruit te kom. Wees dus baie versigtig. Want … Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 14, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 22:7 Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen. In die wêreld van groot en gekompliseerde finansies, gebruik die slim ouens baie dikwels skuld om meer geld te maak. Dit word hefboombeleggings genoem. Jy leen iemand anders se geld, belê dit en maak hopelik meer geld. Ek weet nie van jou nie, maar ek leef nie in die wêreld van sulke groot en gekompliseerde finansies nie. In sogenaamde ontwikkelde ekonomieë is die groot bekommer...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Oorwin Finansiële Stres (3)

0:00 3:22

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 14, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!