Oorwin Jou Demone episode artwork

EPISODE · Aug 20, 2025 · 2 MIN

Oorwin Jou Demone

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEfesiërs 4:31 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wanneer ons iemand as “boos” bestempel, dink ​​ons aan Adolf Hitler of Idi Amin. Ons pas selde, indien ooit, daardie woord op onsself, op ons eie gedagtes en dade toe. En tog moet ons dit tog oorweeg!John Newton was 'n 18de-eeuse Engelse matroos wat later 'n slawehandelaar geword het. En laat ons nie doekies omdraai nie, daardie slawehandel was gevoelloos, brutaal ... boos. Maar eendag, tydens 'n hewige storm op see, het hy tot God gebid om genade en God het gehoor en hom gered. Daardie ervaring het hom radikaal tot bekering gebring en hy het die slawehandel laat vaar en uiteindelik 'n Anglikaanse predikant geword.Van toe af het Newton slawerny passievol teengestaan ​​en William Wilberforce, 'n sleutelfiguur in die afskaffing daarvan, gehelp. Hy het talle lofliedere geskryf, onder andere "Amazing Grace" uit sy dankbaarheid vir God se genade om 'n "ellendeling" soos hy, te red.Hy sou tog sekerlik nie nadat hy so ‘n radikale transformasie ondergaan het en die impak van God se liefde en genade ervaar het, gekies het om in die slawehandel, of met sy sondige lewe voort te gaan nie. Natuurlik nie!Want, wanneer jy die liefde, die genade, die barmhartigheid en die vergifnis van God ervaar, verander jou hele lewe. Efesiërs 4:31 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie.Die waarheid is dat jy nie van jou demone ontslae kan raak as hulle jou vriende is en jy nog steeds hulle geselskap geniet nie. So ... Moenie toelaat dat julle bitter word nie. Beteuel jou humeur en as jy dalk jou humeur verloor, moet jy nie kwaad bly nie. Moenie mekaar vloek of lelike dinge vir mekaar sê nie. Moet ook nie iets doen wat vir ’n ander een sleg is nie. (DB)Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 20, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Efesiërs 4:31 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wanneer ons iemand as “boos” bestempel, dink ​​ons aan Adolf Hitler of Idi Amin. Ons pas selde, indien ooit, daardie woord op onsself, op ons eie gedagtes en dade toe. En tog moet ons dit tog oorweeg! John Newton was 'n 18de-eeuse Engelse matroos wat later 'n slawehandelaar geword het. En laat ons nie doekies omdraai nie, daardie slawehande...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Oorwin Jou Demone

0:00 2:53

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 20, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!