Oorwinnings in Beproewings episode artwork

EPISODE · Aug 11, 2025 · 3 MIN

Oorwinnings in Beproewings

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 8:18 Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie. (NLV) Die lyding en beproewings van die lewe kan soms net te veel word vir enige normale mens. Miskien is dit net die laaste paar druppels wat die emmer laat oorloop? Ander kere tref iets jou soos 'n tsoenami. Wat jou omstandighede op die oomblik ook al is; dit maak jou kapoet, of hoe?Die bediening van Smith Wigglesworth, die negentiende en twintigste-eeuse evangelis, is gekenmerk deur wonderbaarlike genesings, kragtige prediking en ‘n diep, diep geloof. En tog, het hy ten spyte van sy kragtige prediking en wonderlike genesingsbediening, self aan 'n paar uiters pynlike gesondheidsprobleme gely. Maar hy het ten spyte van sy eie swak gesondheid volhard. Hy het aangehou om te bedien, en aangehou om in goddelike genesing te glo.Sy dapper en rotsvaste geloof in God se krag inspireer tot vandag toe baie mense. So ... wat het hom aan die gang gehou? Hoe het hy dit reggekry om deur sy stryd te kom en ten spyte daarvan te seëvier?Romeine 8:18 Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie. (NLV)Wigglesworth het dit so gestel: God kan 'n persoon so met sy Gees vul, dat hy te midde van duisende probleme kan lag en glo.Kyk, ons kan nie ons stryd ontken nie; ons kan nie voorgee dat dit nie bestaan nie. Maar wanneer ons ons harte oopmaak vir die Heilige Gees; wanneer ons Hom toelaat om vir ons te oortuig van die waarheid van die groot heerlikheid wat vir ewig op ons wag; en wanneer ons Hom toelaat om ons tot oorlopens te vul, dan is vandag se stryd, in die konteks van die ewigheid, so klein en onbenullig dat ons inderdaad te midde daarvan kan lag en glo.Ja, natuurlik voel ons lyding nou vir ons oorweldigend, maar dit is niks in vergelyking met die groot heerlikheid wat vir ons gegee gaan word nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 11, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 8:18 Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie. (NLV) Die lyding en beproewings van die lewe kan soms net te veel word vir enige normale mens. Miskien is dit net die laaste paar druppels wat die emmer laat oorloop? Ander kere tref iets jou soos 'n tsoenami. Wat jou omstandighede op die oomblik ook al is; dit maak jou kapoet, of hoe? Die bediening van Smith Wigglesworth, die neg...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Oorwinnings in Beproewings

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 11, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!