Op ‘n Goeie Dag episode artwork

EPISODE · Nov 16, 2025 · 2 MIN

Op ‘n Goeie Dag

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailDeuteronomium 8:17-18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. (NLV) Die lewe is ‘n fees! Ja, dis ‘n fees wanneer alles vir weke of maande sommer klopdisselboom loop: jou finansies; jou gesondheid, jou familie en jou verhoudings. Alles verloop seepglad. Fantasties!Toemaar, ek besef dat dit dalk nie altyd vir jou voel asof jy in een van daardie mooi, warm, sonnige situasies verkeer nie. Dit lyk vir jou asof daar altyd die een of ander ding is wat jou vrede versteur, nè?Maar wanneer die lewe wonderlik is, wanneer dit goed gaan, is daar 'n risiko – 'n groot risiko – dat jy selfvoldaan sal raak. As jou finansies redelik goed gaan, is dit maklik om deur jou positiewe bankbalans opgebeur te word. As jou gesondheid regtig goed is, voel jy selfversekerd en selfvergenoegd.Die uitbundigheid van 'n goeie lewe kan alte maklik verander in 'n selfvoldane trots. Maar wat gebeur wanneer die onweerswolke opsteek en jou bootjie begin onbeheers op die oopsee ronddobber?  God het Israel oor hierdie gevoel van selfvoldaanheid gewaarsku. Hy het hulle deur Moses voorberei om die Beloofde Land in te neem.Deuteronomium 8:17-18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. (NLV)Moet dit nooit vergeet nie. Elke goeie ding in jou lewe kom van Hom af. Hy is die Een wat voorsien het; Hy is die Een wat dit moontlik gemaak het; Hy is die Een wat jou geseën het. Eer God op jou beste dag ... want Hy sal beslis by jou wees op jou slegste.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 16, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Deuteronomium 8:17-18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het. (NLV) Die lewe is ‘n fees! Ja, dis ‘n fees wanneer alles vir weke of maande sommer klopdisselboom loop: jou finansies; jou gesondheid, jou familie en jou verhoudings. Alles verloop seep...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Op ‘n Goeie Dag

0:00 2:42

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 16, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!