Opoffering episode artwork

EPISODE · Sep 18, 2024 · 2 MIN

Opoffering

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMarkus 9:36,37 Toe het Hy 'n kindjie geneem en hom tussen hulle laat staan. Hy het sy arm om hom gesit en vir hulle gesê: “Elkeen wat so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.” Om ander te dien, is iets wat ons aan die eenkant weet ons moet doen. Maar aan die anderkant vind ons dit dikwels ongerieflik of onwelkom … selfs sommer vernederend.As jy so daaraan dink, is dinge wat ander mense vir ons doen ontsettend belangrik. Hulle maak dit vir ons moontlik om in huise, wat ons nooit vir onsself sou kon bou nie, te kan woon; om voertuie te bestuur wat ons nooit sou kon vervaardig nie ... selfs net om ons tande te kan borsel met 'n tandeborsel wat ons nooit sou kon vervaardig nie.Diens vereis meestal betaling. Dit is tog hoe die ekonomie werk. Maar die beste soort diens is dié soort wat gratis kom – wel, dis nie regtig verniet nie, want dit kom deur die opoffering van die een wat die diens lewer.Dink aan die opoffering van ouers om hul kinders groot te maak. Dink aan 'n vriend, of selfs 'n vreemdeling wat iemand help. Jesus gebruik hierdie voorbeeld om sy dissipels oor nederigheid en diensbaarheid te leer… Markus 9:36,37 Toe het Hy 'n kindjie geneem en hom tussen hulle laat staan. Hy het sy arm om hom gesit en vir hulle gesê: “Elkeen wat so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.”Wanneer ons iemand wat deur die samelewing as die geringste gesien word, dien, dien ons vir Jesus. In die mate waarin ons 'n hand van liefde en aanvaarding uitsteek na die oënskynlik onbelangrike mense in hierdie wêreld, steek ons ons hand na die Here uit.Wie lê Hy op jou hart om te dien? Wie bring Hy oor jou pad om lief te hê en te aanvaar? Want in die mate wat jy hulle liefhet, en hulle dien en hulle aanvaar – doen jy dit vir God self.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 18, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Markus 9:36,37 Toe het Hy 'n kindjie geneem en hom tussen hulle laat staan. Hy het sy arm om hom gesit en vir hulle gesê: “Elkeen wat so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My; en elkeen wat My ontvang, ontvang nie net vir My nie, maar ook vir Hom wat My gestuur het.” Om ander te dien, is iets wat ons aan die eenkant weet ons moet doen. Maar aan die anderkant vind ons dit dikwels ongerieflik of onwelkom … selfs sommer vernederend. As jy so daaraan dink, is dinge wat...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Opoffering

0:00 2:39

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 18, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!