Opsommend episode artwork

EPISODE · Aug 2, 2025 · 3 MIN

Opsommend

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Petrus 3:8 ’n Laaste woord oor julle verhoudings: Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig. (NLV) Daar word beraam dat daar deur die eeue 'n miljard mense in oorloë gesterf het. Een miljard! Die 20ste eeu met sy twee wêreldoorloë en die massavernietigingswapens het natuurlik ‘n groot aandeel aan daardie sterftes gehad! En daar is steeds sowat 135 staats- en nie-staat gebaseerde "gewapende konflikte" wat tans woed. Wat is fout met ons?So, kom ons kyk 'n bietjie in diepte na die saak. Hoe lyk die vlak van konflik in jou lewe? Dink ‘n bietjie aan die mense met wie jy getwis het; of diegene van wie jy geïsoleer is; of diegene vir wie jy kwaad is; of diegene wat jou wil benadeel en skade aandoen.Die meeste mense ervaar 'n mate van persoonlike konflik in hulle lewens, en dit vreet aan jou siel. Nou dink jy dalk: Wel, nee, nie ek nie! Eintlik is daar niemand teenoor wie ek ‘n verkeerde gesindheid het nie.Maar wat van daardie persoon by die werk wat jou intens irriteer, of daardie buurman wat voortdurend harde musiek speel? En wanneer jy hand in eie boesem steek, besef jy dat jou gedrag nie altyd onberispelik is nie, en dan praat ons nie eers oor die ongesonde gedagtes wat in die stilte in jou kop uitbroei nie.Konflik is 'n verskriklike ding en dit kan nie altyd vermy word nie. Maar daar is iets wat ons kan doen; ons kan die manier waarop ons dit in ons harte en gedagtes hanteer, verander:1 Petrus 3:8 ’n Laaste woord oor julle verhoudings: Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig. (NLV)Die apostel Petrus het dit geskryf aan 'n groep Christene wat in die 1ste eeu n.C. verskriklike vervolging ervaar het.Wanneer ons dit van toepassing op onsself maak, is dit mos baie duidelik wat God vandag deur Petrus hier vir ons sê: ons kan 'n gesindheid van vrede in 'n situasie van konflik inbring. Ons kan probeer verstaan wat die ander persoon voel en hom liefhê. Ons kan ten spyte van ons omstandighede vriendelik en nederig wees. Ons kan kies ... so komaan, kies!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 2, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Petrus 3:8 ’n Laaste woord oor julle verhoudings: Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig. (NLV) Daar word beraam dat daar deur die eeue 'n miljard mense in oorloë gesterf het. Een miljard! Die 20ste eeu met sy twee wêreldoorloë en die massavernietigingswapens het natuurlik ‘n groot aandeel aan daardie sterftes gehad! En daar is steeds sowat 135 staats- en nie-staat gebaseerde "gewapende konflikte" wat tans woed. Wat is fout met ons? ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Opsommend

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 2, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!