EPISODE · Aug 10, 2021 · 46 MIN
Pastoraal: Het ek die onvergeeflike sonde gepleeg?
from Radio Scriptura · host Radio Scriptura
In hierdie episode gesels die Scriptura span oor die onvergeeflike sonde. Dikwels twyfel christene of hulle al skuldig was daaraan, en of hulle vergewe kan word daarvoor. Christene worstel en sukkel meestal met hierdie vraag oor sonde: Kan wedergeborenes die onvergeeflike sonde pleeg? En nog ander wonder weer of gelowiges hoop op vergifnis kan hê as hulle sonde gedoen het. Wat beteken dit om teen die Heilige Gees te laster, en wat is dan die sonde tot die dood? 00:00 Pastoraal: Onvergeeflike Sonde 02:45 Het ek dalk die onvergeeflike sonde gepleeg? 05:00 Kan christene in sonde val? 14:42 Watter hoop is daar dat God ons sal vergewe? 20:51 Gereformeerde leerstelling van die volharding van die heiliges/wedergeborenes. 22:11 Gereformeerde Laerskool Bellville advertensie. 23:00 Is daar 'n onderskeid tussen sonde en laster teen die Heilige Gees? 23:29 Wat is die sonde tot die dood? 26:22 Nominale christen. 28:16 Ware berou is onmoontlik sonder die Heilige Gees. Subjektiewe tekens/vrugte van wedergeboorte: - Bewustheid van sonde - Diep berou oor sonde - Worsteling met sonde - Besorg oor verhouding met God - Belei Jesus as Here - Verlange na God se woord - Soeke na geregtigheid 30:40 Goddelike berou 32:09 Sonde tot die dood is die verwerping van Christus 33:41 Lastering teen die Gees is wanneer ons die werk van satan aan die Heilige Gees toeskryf, of die werking van die Heilige Gees aan die satan toeskryf. 38:33 Gevaarpunt - verbondskinders wat nie bekeer van sonde nie. 41:13 Gelowiges kan werklike sekerheid van redding hê. 42:33 Dordtse leerreëls hoofstuk 5: Par 6 - God laat nie Sy uitverkorenes val nie. Skrifgedeeltes: Mattheus 12:22-32, Mattheus 7, 1 Korintiërs 6, 1 Johannes 5:16-17, Romeine 8, Hebreërs 6, Romeine 1, Johannes 10, Hebreërs 12:1-3
NOW PLAYING
Pastoraal: Het ek die onvergeeflike sonde gepleeg?
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.