EPISODE · Aug 14, 2026 · 31 MIN
Paulus se woorde
from Hoop Nogtans
Ek vrees dat ek tevergeefs aan julle gearbei het (Galasiërs 3:24–4:11). Ek onthou, toe ons nog in Nieu-Seeland gewoon het, hoe die hele land ‘n paar keer aangegryp is deur die massa-stranding van loodswalvisse. Daar is met tye, om een of ander nog onverklaarbare rede, ‘n skynbare vasberadenheid by hulle om op die strand uit te spoel, dikwels in groot getalle. Vrywilligers stroom gewoonlik toe om te help om hierdie imposante diere weer terug te help diep-see toe. Totdat die gety reg is, word die walvisse natgegooi; hulle word deur omstanders getroos, en die walvisse se lot word die fokuspunt van media-belangstelling. Dan, as omstandighede gunstig is, word die walvisse teruggelei na waar hulle hoort. Die tragedie is egter wanneer hierdie diere weer terugdraai strand toe, asof hul gedryf word. Dis dan wanneer hartroerende tonele op die strand afspeel, wanneer die vrywilligers wat soveel ure en met soveel sorg hard probeer het om hulle te red, moet sien dat hul pogings tevergeefs was. Dis seker iets hiervan wat die apostel Paulus beleef wanneer hy aan die gelowiges in Galasië dink. Hy het hulle met soveel sorg bedien; hulle het pragtig tot bekering gekom, en Jesus Christus as Verlosser aanvaar. Hulle redding was uit genade, en hulle was so dankbaar teenoor God daarvoor. Húlle aandeel was om te glo; God het die res gedoen. Dis eers later wat daar Joodse gelowiges bykom wat daarop aandring dat hulle geloof onvolledig is. Om God regtig te behaag, het hierdie mense geleer, moet hulle nog iets doen. Hulle moet óók die Joodse wette onderhou. En so leer die Galasiërs hulle moet besny word. Hulle moet die 10 gebooie hou. Hulle moet die res van die honderde wette in die Ou Testament hou – sabbatte, heilige feesdae, reëls oor wat hulle mag eet en wat nie, en lang lyste van moets en moenies. Dán eers is God tevrede met hulle. Paulus se mening oor al hierdie dinge is duidelik: “Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het” (Gal. 4:11). Paulus se woorde is meer relevant vir die kerk vandag as wat ons op die oog af besef.
Embed this episode
Ready to play
Paulus se woorde
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.