Pilatus se Swakheid episode artwork

EPISODE · Apr 1, 2026 · 3 MIN

Pilatus se Swakheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 18:37 “Dan is jy tog wel 'n koning?” vra Pilatus.“Dit is soos u sê: Ek is 'n koning,” antwoord Jesus. “Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.” Terwyl ons hierdie week intens na die Paasfees-gebeure kyk, is Pontius Pilatus se besluit om die moordenaar, die opstandeling Barabbas, vry te laat, maar vir Jesus, die Seun van God, te laat kruisig onverskoonbaar. Wat de drommel het hierdie onlogiese uitspraak veroorsaak? Ons weet Pilatus was nie ‘n dwaas nie. As Romeinse goewerneur het hy die verskil tussen skuld en onskuld goed verstaan. En toe Jesus voor hom gestaan het, het Pilatus dwarsdeur die Jode se vals opgemaakte beskuldigings gesien.Johannes 18:38 “Ek vind geen skuld in hom nie...Trouens, hy het Jesus drie keer onskuldig verklaar. Hy het aan die erns van sy uitspraak gedink en hy het selfs probeer om Hom vry te laat. Maar uiteindelik het Pilatus voor die druk geswig. Hy het toegelaat dat sy vrees vir die bedreiging van die groterwordende, woedende skare, sy logika oorheers.Dis ongelooflik tragies, maar dit klink nogal bekend. Ons weet, soos Pilatus; dikwels wat die regte ding is om te doen, maar onder druk, deins ons terug. Ons dink aan wat die mense sal sê en ons vrees vir verwerping. Ons bly stil, terwyl ons weet ons moet opstaan vir wat reg is.Maar Jesus het nie vir ‘n oomblik teruggedeins nie. Sy integriteit, sy opregtheid en sy deursettingsvermoë om die taak waarvoor Hy na die aarde gekom het, af te handel, staan in skrille kontras met die skynheiligheid en manipulasie van dié om Hom.Johannes 18:37 “Dan is jy tog wel 'n koning?” vra Pilatus.“Dit is soos u sê: Ek is 'n koning,” antwoord Jesus. “Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.”Jesus is nie veroordeel omdat Hy skuldig was nie, maar sy goedheid het die sondigheid van die ander mense blootgelê. Hy het nie weerstand gebied nie. Hy het nie gesmeek nie; omdat Hy in my en jou plek gestaan het.Die enigste werklik onskuldige man wat die wêreld ooit geken het, is skuldig veroordeel; nie deur waarheid nie, maar deur die goewerneur se vrees. En Hy het dit gelate aanvaar… vir jou.Dis God se Woord. Vars… vir jou… vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 1, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 18:37 “Dan is jy tog wel 'n koning?” vra Pilatus. “Dit is soos u sê: Ek is 'n koning,” antwoord Jesus. “Ek moet oor die waarheid getuienis aflê. Hiervoor is Ek gebore, en hiervoor het Ek na die wêreld toe gekom. Elkeen wat aan die waarheid behoort, luister na wat Ek sê.” Terwyl ons hierdie week intens na die Paasfees-gebeure kyk, is Pontius Pilatus se besluit om die moordenaar, die opstandeling Barabbas, vry te laat, maar vir Jesus, die Seun van God, te laat kr...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Pilatus se Swakheid

0:00 3:16

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 1, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!