Praat Openlik van die Kruis episode artwork

EPISODE · Mar 13, 2024 · 2 MIN

Praat Openlik van die Kruis

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHandelinge 4:11,12 Hy is: ‘Dié klip wat deur julle bouers geminag is; Hý het nou die sluitklip geword. “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.” Die rede waarom ek doen wat ek doen; die ding wat my elke oggend uit die bed laat opstaan, is 'n intense begeerte om soveel mense as moontlik van Jesus te vertel. Ongelukkig wil baie mense, ja, die meeste van hulle, nie van Jesus hoor nie.Enigeen wat die wonder van God se genade in Jesus ervaar het, sal waarskynlik die begeerte hê om dit met ander mense te deel; sodat hulle ook die liefde van God in Jesus Christus kan leer ken.Maar, het jy opgelet dat die meeste mense nie belangstel nie. Ons raak dan half desperaat en kom in die versoeking om die Evangelie af te water. Ons probeer dit ‘n bietjie minder bedreigend maak, deur al die dele van sonde en straf, en van vergifnis in Christus aan te pas. Dit is immers vir baie mense ‘n struikelblok. Dit was al van die begin af vir mense ‘n uitdaging.Die apostel Petrus het in sy preek aan daardie selfde mense wat Jesus uit die pad wou hê; hulle wat Hom laat kruisig het, die volgende gesê:Handelinge 4:11,12 Hy is: ‘Dié klip wat deur julle bouers geminag is; Hý het nou die sluitklip geword. “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.”Baie mense het Jesus van die begin af verwerp. Maar die antwoord lê nie daarin om die Evangelie af te water en verbruikersvriendelik te maak nie.Soos Charles Spurgeon eenkeer gesê het: My liewe broers, moenie probeer om die Evangelie vir die vleeslike verstand verteerbaar te maak nie. Moet nie die gruwel van die kruis versag nie, want dan maak jy dit betekenisloos. Die seer en swaar van die Evangelie is die krag daarvan: om dit weg te laat, is om dit van sy krag te ontneem. Om dit te versag, sal nie die trefkrag verhoog nie, maar dit vernietig.Mense sal die Goeie Nuus van Jesus verwerp, maar jy moet dit nooit afwater om hulle te probeer oortuig nie. Wanneer jy dit doen, beroof jy dit van sy krag.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 13, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Handelinge 4:11,12 Hy is: ‘Dié klip wat deur julle bouers geminag is; Hý het nou die sluitklip geword. “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.” Die rede waarom ek doen wat ek doen; die ding wat my elke oggend uit die bed laat opstaan, is 'n intense begeerte om soveel mense as moontlik van Jesus te vertel. Ongelukkig wil baie mense, ja, die meeste van hulle, nie van Jesus hoor nie. Enig...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Praat Openlik van die Kruis

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 13, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!