Probeer Altyd Eers Verstaan episode artwork

EPISODE · Aug 18, 2025 · 2 MIN

Probeer Altyd Eers Verstaan

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEfesiërs 4:29 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. Dit spreek vanself dat ons vriendelik teenoor mekaar moet wees. Dis absoluut voor die hand liggend, nè? Maar hoe kry jy dit reg? Hoe bly jy koelkop sonder om te sê wat jy dink wanneer iemand jou irriteer? En hoe kry jy dit reg om nie deur 'n terloopse, onnadenkende gesigsuitdrukking jou afkeur teenoor iemand te toon nie? Sê my?Dis nie maklik nie, nè? Miskien is jy 'n meer verdraagsame mens as ek, maar ek is seker party mense irriteer jou ook soms, en dan is die versoeking groot om hulle, in die hitte van die stryd, kaalkop die waarheid te vertel. En kom ons wees eerlik, dit eindig nooit goed nie.Ja, my vriend, kyk wat sê Paulus in:Efesiërs 4:29 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom.Goed, soos ek gesê het, dit is voor die hand liggend, maar hoe leef jy dit uit?Weet jy, daardie persoon wat jou mal maak; die een wat jou irriteer; die een wat jou te na kom, hulle het ook maar hul eie demone om te hanteer. Hulle het hul eie ongeneesde wonde uit die verlede, hulle eie stres en konflik in die lewe – net soos jy!Dis 'n snaakse ding, maar wanneer ons werklik probeer om hulle te verstaan; om te kyk waar hulle vandaan kom en hoekom hulle so optree, word dit baie makliker om niks slegs te sê nie. So kan jy die korrekte, opbouende woorde gebruik om hulle te bevoordeel en om hulle te help groei. Met ander woorde, probeer eers om hulle te verstaan ​​en dan om verstaan ​​te word.Dan sal dít wat jy sê, 'n seën wees vir diegene wat jou hoor.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 18, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Efesiërs 4:29 Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. Dit spreek vanself dat ons vriendelik teenoor mekaar moet wees. Dis absoluut voor die hand liggend, nè? Maar hoe kry jy dit reg? Hoe bly jy koelkop sonder om te sê wat jy dink wanneer iemand jou irriteer? En hoe kry jy dit reg om nie deur 'n terloopse, onnadenkende gesigsuitdrukking jou afkeur te...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Probeer Altyd Eers Verstaan

0:00 2:42

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 18, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!