Probeer Jy Steeds Mense Beïndruk? episode artwork

EPISODE · Apr 12, 2024 · 2 MIN

Probeer Jy Steeds Mense Beïndruk?

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailKolossense 3:23 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. (NLV) Dit maak nie saak hoe nederig ons dink ons al geword het nie, daar is altyd 'n versoeking wat iewers diep binne-in skuil, wat vir ons vertel hoe wonderlik dit sal wees, as ons ander mense kan beïndruk.Die oomblik as ons aan onsself dink as nederig - ek is nederig! – is ons allesbehalwe nederig. Dit laat my altyd stilletjies lag kry vir myself. Wanneer ons in nederigheid groei; ervaar ons 'n geseënde bevryding van die enorme druk dat ons ander mense moet beïndruk.En kom ons erken dit, ons het ook maar 'n wispelturige gehoor. Die einste mense wat so betower was deur Jesus se kragtige prediking en verstommende wonderwerke, was dieselfde mense, wat toe Hy tydens daardie noodlottige Pasga-viering voor Pontius Pilatus gestaan het, uitgeroep het: “Kruisig Hom! Kruisig Hom! ” Kan ek jou vra om net vir 'n oomblik eerlik met jouself te wees. Mevrou of mejuffrou, in watter mate is die ophef wat jy oor jou hare en jou grimering maak, daar om ander mense te beïndruk? En julle manne, kies jy wat jy kantoor toe, of na ‘n vergadering gaan dra om jou beeld te poets? Hulle sê mos die vere maak die voël? In watter mate maak jy keuses in die lewe met die uitdruklike doel om ander te beïndruk?En weet jy, my vriend, dit lei tot 'n juk van slawerny waaruit God ons kom verlos het.Kolossense 3:23 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. (NLV)Gee onder alle omstandighede slegs die beste in alles wat jy doen. Maar in plaas daarvan om jou Godgegewe talente bloot te gebruik om ander te probeer beïndruk, gebruik dit om God te verheerlik. Dis waar die vryheid lê. Dis waar jy die vervulling sal beleef.Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 12, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Kolossense 3:23 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. (NLV) Dit maak nie saak hoe nederig ons dink ons al geword het nie, daar is altyd 'n versoeking wat iewers diep binne-in skuil, wat vir ons vertel hoe wonderlik dit sal wees, as ons ander mense kan beïndruk. Die oomblik as ons aan onsself dink as nederig - ek is nederig! – is ons allesbehalwe nederig. Dit laat my altyd stilletjies lag kry vir myself. Wanneer ons in nederighei...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Probeer Jy Steeds Mense Beïndruk?

0:00 2:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 12, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!