Raaisels van die Lewe episode artwork

EPISODE · Feb 12, 2025 · 2 MIN

Raaisels van die Lewe

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 119:105 U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. Die lewe kan 'n raaisel wees, veral as jy aan die toekoms dink. Wat hou die toekoms in? Hoe gaan dit afloop? Ons hoop almal op 'n blink toekoms. Al is dinge vandag dalk donker of somber … sal dit sekerlik môre 'n helder, sonnige dag wees.Daardie hoop op 'n blink toekoms bestaan in elke kultuur, in elke uithoek van die wêreld. Vir diegene van Chinese afkoms, is dit vandag Lantern Day. Vandag word kinders lanterns gegee. En geboue word met lanterns versier. Wat sou dit simboliseer? Ja jy het reg geraai! Met die nuwe jaar wat nou behoorlik gevier is, simboliseer die lantern die lig wat vir hulle ‘n blink toekoms gaan gee. Maar, aan daardie lampe is raaisels vasgeheg vir ander mense om te raai. Indien ‘n persoon die oplossing van die raaisel kry, ontvang hy ‘n geskenk.So, al hoop ons op 'n blink toekoms, bly dít wat werklik voorlê, ietwat van 'n raaisel.Vir my is daar egter een ding wat my toekoms rig, wat 'n lig op my pad is. En daardie een ding is die Woord van God. Soos die psalmis dit stel in:Psalm 119:105 U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.Ja, ons weet, God sê nie altyd vir ons presies wat ons toekoms inhou nie. Maar terwyl ons probeer om te leer – hoe meer ons luister, en hoe meer ons Hom toelaat om deur die Heilige Gees sy Woord vir ons oop te breek, hoe meer vind ons dat ons treë gerig word. Daardie goddelike, bonatuurlike krag wat vir ons die lig skyn op die pad wat ons moet neem.U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 12, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 119:105 U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. Die lewe kan 'n raaisel wees, veral as jy aan die toekoms dink. Wat hou die toekoms in? Hoe gaan dit afloop? Ons hoop almal op 'n blink toekoms. Al is dinge vandag dalk donker of somber … sal dit sekerlik môre 'n helder, sonnige dag wees. Daardie hoop op 'n blink toekoms bestaan in elke kultuur, in elke uithoek van die wêreld. Vir diegene van Chinese afkoms, is dit vandag Lantern Day. Vandag word...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Raaisels van die Lewe

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 12, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!