Redding 101 episode artwork

EPISODE · Sep 2, 2024 · 3 MIN

Redding 101

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHandelinge 16:29-31 Toe het die bewaarder 'n lig gevra, die sel ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval. Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Hulle antwoord hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.” Dit is baie sinvol om elke nou en dan terug te gaan na die basiese dinge om te verseker dat ons op koers bly en om onsself te herinner aan wat werklik belangrik is. En ons weet dat die belangrikste ding van alles is, waar jy jou ewigheid gaan deurbring - want die ewigheid is 'n baie, baie lang tyd. Dit hou nooit op nie.Ja, die ewigheid is iets waaroor God baie duidelik is. Wanneer ons sterf sal ons siel vir ewig voortleef – óf in sy Teenwoordigheid, óf permanent geskei van Hom; in daardie toestand wat Jesus self die “hel” noem.Die ewigheid vorm 'n sterk tema dwarsdeur die Bybel, en kan nie afgewater word nie. Ons kan dit nie sommer afmaak met ‘n verskoning soos: "Ag moenie worrie nie, ek is nou nie perfek nie, maar God het my lief, dus behoort ek darem seker aanvaarbaar te wees." Neewat, wie wil nou die plek waar jy vir altyd en altyd gaan wees, op so ‘n onsekere geloof bou? Wil jy?So, hoe kan jy seker maak dat jy in die regte rigting op pad is? Dis die vraag van die tronkbewaarder in Filippi. Hy het pas 'n groot wonderwerk aanskou toe die tronk se deure oopgegaan en die gevangenes se boeie afgeval het: Handelinge 16:29-31 Toe het die bewaarder 'n lig gevra, die sel ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval. Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Hulle antwoord hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”Die enigste manier om van 'n ewigheid van straf in die hel gered te word, is om in Jesus te glo. En ons praat nie van die een of ander intellektuele, merk-die-blokkie, ‘geestelike oorgawe’ van lank gelede nie, maar van ‘n verhouding met Jesus Christus waar jy jou hele lewe, met alles wat jy het en is, in sy hande gee. So …Wat moet jy doen om gered te word? “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word...”Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 2, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Handelinge 16:29-31 Toe het die bewaarder 'n lig gevra, die sel ingestorm en bewend voor Paulus en Silas neergeval. Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: “Menere, wat moet ek doen om gered te word?” Hulle antwoord hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.” Dit is baie sinvol om elke nou en dan terug te gaan na die basiese dinge om te verseker dat ons op koers bly en om onsself te herinner aan wat werklik belangrik is. En ons weet dat ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Redding 101

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 2, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!