EPISODE · May 17, 2024 · 3 MIN
Reinig Jouself
from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Send us Fan Mail2 Korintiërs 7:1 Geliefdes, ons hét hierdie beloftes; laat ons onsself dan suiwer van elke verontreiniging van die liggaam en die gees om ons toewyding, uit eerbied vir God, volkome te maak. (NLV) God maak kosbare beloftes aan diegene wat hul vertroue in Jesus stel. Hy belowe dat Hy ons God sal wees en dat ons sy volk sal wees; dat Hy by ons sal woon. Dit spruit voort uit sy diepe begeerte om by ons te wees.Dit is wonderlik om te weet dat wanneer jy jou allerlaagste laagtepunt bereik, wanneer jy alleen voel, wanneer jy voel dat niemand jou verstaan nie... dat God daarna verlang om by jou te wees. Dit is eenvoudig verstommend. Wat 'n troos!Maar hoe reageer jy op sy belofte? Hoe leef jy op 'n manier wat wys dat jy daardie belofte glo, dit respekteer en daarop staatmaak? Die apostel Paulus het hierdie vraag beantwoord in sy brief aan die Korintiese kerk:2 Korintiërs 7:1 Geliefdes, ons hét hierdie beloftes; laat ons onsself dan suiwer van elke verontreiniging van die liggaam en die gees om ons toewyding, uit eerbied vir God, volkome te maak. (NLV)Reinheid is iets wat ons almal begeer. Gelouterde goud. Suiwer liefde. Volkome opoffering. Die egtheid, die realiteit wat reinheid behels, is ongelooflik aantreklik vir jou, vir my... en, inderdaad, vir God. Hoe moet ons leef? Hoe moet ons op God se liefde reageer? Deur enigiets wat ons liggaam of siel besoedel, te vermy.Kan ek jou vandag ernstig vra, wat besoedel jou gedagtes, jou begeertes, jou optrede? Waaraan dink jy, of wat doen jy, waar jy weet dat die reinheid, waarna God in jou smag, sal vernietig? Ek wil jou in opregte liefde, baie ernstig vermaan: raak ontslae daarvan! Laat ons onsself dan suiwer van elke verontreiniging van die liggaam en die gees om ons toewyding, uit eerbied vir God, volkome te maak. Reinheid.Dit is Sy Woord. Vars... vir jou... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
What this episode covers
Send us Fan Mail 2 Korintiërs 7:1 Geliefdes, ons hét hierdie beloftes; laat ons onsself dan suiwer van elke verontreiniging van die liggaam en die gees om ons toewyding, uit eerbied vir God, volkome te maak. (NLV) God maak kosbare beloftes aan diegene wat hul vertroue in Jesus stel. Hy belowe dat Hy ons God sal wees en dat ons sy volk sal wees; dat Hy by ons sal woon. Dit spruit voort uit sy diepe begeerte om by ons te wees. Dit is wonderlik om te weet dat wanneer jy jou allerl...
NOW PLAYING
Reinig Jouself
No transcript for this episode yet