Respekteer Ander episode artwork

EPISODE · Jan 23, 2026 · 3 MIN

Respekteer Ander

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 12:10 As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer. (NLV) Om ander met respek te behandel, klink baie mooi en eerbaar. Ons weet intuïtief dis wat ons veronderstel is om te doen; ons weet ons moet mekaar eer en respekteer. Die probleem is net dat dit nogal ongerieflik is, nè? In hierdie vinnig veranderende wêreld waarin ons leef, het ons nie regtig die tyd of die lus om uit ons pad te gaan om iemand anders te probeer verstaan en te eer nie.Dale Carnegie het in die laat 1800's in 'n Christelike huis op 'n plaas in Missouri grootgeword. Sy ouers se waardes, veral die van vriendelikheid, nederigheid en integriteit was van kleins af deel van hom.Hy het later 'n topverkoper in die sakewêreld geskryf – Hoe om vriende te wen en mense te beïnvloed. Wie wil nie meer vriende hê nie? Wie wil nie mense kan beïnvloed nie? Hoewel ek 'n paar probleme het met die motiverings agter dit wat hy geskryf het, is dit moeilik om te stry met die sentrale beginsel van sy boek: Mense is meer geneig om positief te reageer wanneer hulle gerespekteer, gewaardeer en werklik verstaan voel.Carnegie se boodskap is eenvoudig maar kragtig: Verander die manier waarop jy met ander omgaan, en jy sal jou verhoudings, sowel as die resultate, verander.Dis nou nie vuurpylvernuf nie, of hoe? En tog is dit 'n ingrypende aanpassing wat baie mense nooit, tot hulle eie nadeel en dié van ander, maak nie:Romeine 12:10 As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer. (NLV)Ons het gister na die eerste gedeelte gekyk. Die tweede deel, wat oor respek gaan, maak dit so prakties: staan voor in die ry om mekaar met respek te hanteer.Wanneer laas het iemand jou met respek behandel? Hoe het dit jou laat voel? So, dink net hoe jou verhoudings sal verander as jy altyd daarop konsentreer om die ander persoon met meer respek te behandel, as wat hy teenoor jou betoon? Behandel mekaar met groot respek en agting.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 23, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 12:10 As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te hanteer. (NLV) Om ander met respek te behandel, klink baie mooi en eerbaar. Ons weet intuïtief dis wat ons veronderstel is om te doen; ons weet ons moet mekaar eer en respekteer. Die probleem is net dat dit nogal ongerieflik is, nè? In hierdie vinnig veranderende wêreld waarin ons leef, het ons nie regtig die tyd of die lus om uit on...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Respekteer Ander

0:00 3:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 23, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!