Roep Tot God episode artwork

EPISODE · Oct 5, 2024 · 3 MIN

Roep Tot God

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 86:5 U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp. Het jy al ooit ervaar dat jy iemand vir wie jy lief is, so seergemaak het, dat jy jou nie kan indink hoe jy jouself daarvoor gaan vergewe nie? Jy kan nie glo dat hierdie verhouding die pyn sal oorleef nie. En dan … dan vergewe daardie persoon jou...Wanneer iemand jou vergewe vir iets wat jy weet onvergeeflik is, en beslis behóórt te wees; is daardie gevoel van kwytskelding, van herstel, van vryheid, baie moeilik, nee dit is onmoontlik om dit te beskryf. Daar is nie woorde nie. Maar jy ís vergewe.Ek het gehoor hoe die bekende Hollywood-akteur Denzel Washington onlangs hulde aan sy vrou, Pauletta, gebring het. Heeltemal oorstuur en met trane in sy oë, was een van die dinge wat hy gesê het: "Ek het vir veertig jaar, ten spyte van my swak gedrag, haar vergifnis ervaar.”Vergifnis is die toppunt van liefde. Vergifnis is liefde in die oortreffende trap. Die psalmis vertel van God se vergifnis in:Psalm 86:5 U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.Soos die 19de eeuse Amerikaanse pastoor, Horace Bushnell, dit gestel het, "Vergifnis is ons diepste behoefte en God se wonderlikste prestasie."En daardie prestasie het plaasgevind aan ‘n kruis op 'n heuwel buite Jerusalem, toe die Seun van God daaraan vasgespyker is. Dié dag toe Hy betaal het vir my en jou sonde, deur aan God se standaard van geregtigheid te voldoen; sodat ons, deur in Jesus te glo, vergewe kan word.Dit maak nie saak wat jy gedoen het nie, wanneer jy Jesus as jou Verlosser aanneem en dít wat Hy deur sy dood vir jou gedoen het, aanvaar, sal God in jou grootste behoefte, voorsien. Hy sal jou vergewe.Want U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 5, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 86:5 U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp. Het jy al ooit ervaar dat jy iemand vir wie jy lief is, so seergemaak het, dat jy jou nie kan indink hoe jy jouself daarvoor gaan vergewe nie? Jy kan nie glo dat hierdie verhouding die pyn sal oorleef nie. En dan … dan vergewe daardie persoon jou... Wanneer iemand jou vergewe vir iets wat jy weet onvergeeflik is, en beslis behóórt te wees; is daardie gevoel van kwytskeldi...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Roep Tot God

0:00 3:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 5, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!