RSG Help Plus: 100 Myl vir Huis PJ Strauss & Huis Maudie Kriel (Ceres) episode artwork

EPISODE · Jul 2, 2026 · 2 MIN

RSG Help Plus: 100 Myl vir Huis PJ Strauss & Huis Maudie Kriel (Ceres)

from Spitstyd · host RSG

RSG plaas in Mandelamaand die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Attie Heyns is 'n direkteur by KJH Law in Ceres. Hy is 'n passievolle langafstandatleet, iemand vir wie hardloop nie net 'n stokperdjie is nie, maar 'n lewenstyl en 'n manier om homself te toets. Op 31 Julie 2026 sal Attie die Washie 100 Miler aanpak, een van Suid-Afrika se mees uitdagende ultramarathons. Hierdie 160 kilometer lange roete strek van Cathcart in die Oos-Kaap tot by Oos-Londen en vereis maande se voorbereiding, opoffering en uiterste deursettingsvermoë. Vir Attie gaan dit oor meer as 'n wedloop. Dit gaan oor mense. Dit gaan oor teruggee. Dit gaan oor die bejaardes in Ceres wat hul lewe gewy het aan die opbou van hulle gemeenskappe en wat nou sorg en ondersteuning nodig het. Huis PJ Strauss en Huis Maudie Kriel is tehuise wat Attie na aan die hart lê, en hy het besluit om sy passie vir hardloop te gebruik om iets tasbaars vir hierdie inwoners te doen. Die doel van die veldtog is om R50 000 in te samel vir Huis PJ Strauss en Huis Maudie Kriel in Ceres. Vir anonieme skenkings kan individue 'n e-pos stuur aan [email protected] of gaan na https://www.backabuddy.co.za/campaign/100-myl-vir-huis-pj-strauss-huis-maudie-kriel

NOW PLAYING

RSG Help Plus: 100 Myl vir Huis PJ Strauss & Huis Maudie Kriel (Ceres)

0:00 2:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Spitstyd?

This episode is 2 minutes long.

When was this Spitstyd episode published?

This episode was published on July 2, 2026.

What is this episode about?

RSG plaas in Mandelamaand die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Attie Heyns is 'n direkteur by KJH Law in Ceres. Hy is 'n passievolle langafstandatleet, iemand vir wie hardloop nie net 'n...

Can I download this Spitstyd episode?

Yes, you can download this episode by clicking the download button on the episode player, or subscribe to the podcast in your preferred podcast app for automatic downloads.
URL copied to clipboard!