Saterdag - Wagdiens episode artwork

EPISODE · Apr 19, 2025 · 2 MIN

Saterdag - Wagdiens

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMatteus 27:62-66 Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’ Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is uit die dood opgewek’ nie. Dan sal die tweede bedrog erger wees as die eerste. ”Pilatus antwoord hulle: “Hier is vir julle 'n wag; gaan beveilig die graf so goed as julle kan. ”Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wag daar te laat bly. Vir die meeste van ons is Saterdag 'n rustige dag, of ten minste 'n ruskansie van die weeklikse werksroetine. En as jy in daardie gereelde roetine van Maandag tot Vrydag vasgevang is, is werk die allerlaaste ding wat jy op ‘n Saterdag wil doen, nè?In die dae toe ek in die militêre diens betrokke was, was elke militêre instelling dag en nag beman. As deel van my pligte as 'n junior offisier, moes ek gereeld as diensbeampte waghou. Dit het behels om oornag op die basis te bly, dit veilig te hou en enige noodgevalle te hanteer. Maar glo my, ek het dit gehaat as dit my beurt was om as 'n naweekdiensbeampte wag te hou. Dit was verskriklik. So, ek wonder hoe hierdie soldate gevoel het:Matteus 27:62-66 Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’ Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is uit die dood opgewek’ nie. Dan sal die tweede bedrog erger wees as die eerste.” Pilatus antwoord hulle: “Hier is vir julle 'n wag; gaan beveilig die graf so goed as julle kan.” Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wag daar te laat bly.Ek kan nou net dink dat daardie soldate nie baie in hul noppies was oor hulle naweek reëlings nie! Maar dinge het vererger. Want terwyl Jesus se liggaam in die graf gelê het, was 'n wonderwerk van lewe aan die gang. Die volgende dag was die klip weggerol; en die graf leeg. Byt vas! Die Goeie Nuus kom!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 19, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Matteus 27:62-66 Die volgende dag, die dag na die Vrydag, het die priesterhoofde en die Fariseërs by Pilatus gekom en vir hom gesê: “Meneer, ons onthou dat toe daardie bedrieër nog geleef het, hy gesê het: ‘Na drie dae sal ek uit die dood opgewek word.’ Gee dan bevel dat die graf drie dae veilig bewaak word, sodat sy dissipels hom nie dalk kom steel en vir die mense vertel: ‘Hy is uit die dood opgewek’ nie. Dan sal die tweede bedrog erger wees as die eerste. ”Pilatus antwoord...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Saterdag - Wagdiens

0:00 2:37

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 19, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!