Sekerheid in ‘n Onseker Tyd episode artwork

EPISODE · Oct 31, 2025 · 3 MIN

Sekerheid in ‘n Onseker Tyd

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailDeuteronomium 31:6 “Wees sterk! Wees dapper en vol geloofsvertroue! Moenie bang wees vir al hierdie mense nie! Die Here jou God trek voor julle uit. Hy sal julle vyande verslaan. Hy sal julle nie in die steek laat nie. Julle is nie alleen nie. Die Here is saam met julle!” (DB) Dink ‘n bietjie terug aan ‘n tyd toe jy so gespanne en onseker was, dat jy net nie geweet hoe jy die krisis gaan hanteer nie. Hoe het jy gevoel toe daar 'n onseker gesondheidsdiagnose was, of 'n finansiële nood, of 'n verhouding, wat besig was om skeef te loop? Ek dink ons voel almal  onder sulke omstandighede baie onseker. Ek het onlangs 'n jong paartjie met hul vyfjarige dogter wat met  kanker gediagnoseer is, dopgehou. Eers was daar die indringende, pynlike en traumatiese toetse... en toe die finale diagnose en chemoterapie...Die gerusstellende teenwoordigheid van daardie kind se pa en ma, was deurslaggewend tot haar vermoë om deur daardie lewensbedreigende situasie te kom. Sonder hulle sou dit heeltemal ondraaglik gewees het.En as ons eerlik is, laat die dinge wat somtyds met ons gebeur, ons net so klein en kwesbaar soos daardie vyfjarige voel. Ons verkeer in ‘n maalkolk van dinge, wat ons nie kan begryp of hanteer nie, wat rondom ons dwarrel. Het jy ook al so gevoel? Op ‘n tyd toe die Israeliete op die drumpel gestaan het om die Beloofde Land binne te gaan, het Moses hulle betroubare leier, ‘n nuwe leier aangestel. Moses was oud en sy gesondheid was besig om agteruit te gaan en sy opvolger, Josua, moes die volk op ‘n onbekende pad lei. Kan jy jou voorstel hoe hy moes gevoel het in so 'n onseker en gevaarlike tyd in Israel se geskiedenis? Maar kyk wat sê Moses vir Josua en die volk:Deuteronomium 31:6 “Wees sterk! Wees dapper en vol geloofsvertroue! Moenie bang wees vir al hierdie mense nie! Die Here jou God trek voor julle uit. Hy sal julle vyande verslaan. Hy sal julle nie in die steek laat nie. Julle is nie alleen nie. Die Here is saam met julle!” (DB)Dit maak nie saak waardeur jy gaan nie, die Here jou God sal jou nooit verlaat nie. Nooit nie.Wees dus ook sterk en dapper. Moenie bang wees nie, die Here jou God is met jou. Hy sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 31, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Deuteronomium 31:6 “Wees sterk! Wees dapper en vol geloofsvertroue! Moenie bang wees vir al hierdie mense nie! Die Here jou God trek voor julle uit. Hy sal julle vyande verslaan. Hy sal julle nie in die steek laat nie. Julle is nie alleen nie. Die Here is saam met julle!” (DB) Dink ‘n bietjie terug aan ‘n tyd toe jy so gespanne en onseker was, dat jy net nie geweet hoe jy die krisis gaan hanteer nie. Hoe het jy gevoel toe daar 'n onseker gesondheidsdiagnose was, of 'n f...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Sekerheid in ‘n Onseker Tyd

0:00 3:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 31, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!