Selfkennis is die Sleutel episode artwork

EPISODE · Nov 24, 2025 · 2 MIN

Selfkennis is die Sleutel

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! Het jy al ooit gesien hoe iemand ‘n absoluut simpel ding doen of sê, en gewonder: As hulle net kon sien hoe dom hulle lyk! Dis ook maar goed dat ek en jy nooit so optree nie. Nè?Selfkennis is om te weet wat ons dryf; watter trots of seer uit die verlede en watter selfsug of begeerte in die hede, die rede is waarom ons op ‘n sekere manier optree.Ongelukkig ontwikkel baie mense nooit eintlik ‘n hoë vlak van selfkennis nie. Hulle is nie bereid om onwrikbaar eerlik met hulself te wees oor die onaanvaarbare dinge wat in hul harte aangaan en wat hulle dryf om so op te tree nie.Het jy die laaste keer toe jy 'n moeilike afspraak met iemand moes nakom, jouself vooraf kardinale vrae afgevra: Wat voel ek? Watter vooropgestelde idees dryf my? In watter bui is ek? Jy kan dink dat daardie dinge 'n vergadering en 'n verhouding kan maak of breek. En dít is selfs voordat ons onsself vra oor wat die ander persoon se situasie is; wat hy dalk voel; watter seer hy dalk besig is om te verwerk.Ja, my vriend, ons het almal blinde kolle. Ons is nie in staat om ons eie motiewe en bedoelings te beoordeel nie en dikwels wíl ons dit nie eers oorweeg om eerlik met onsself te wees nie.Dis waarom ons hulp nodig het. En dit is wat Dawid, die koning van Israel, gemotiveer het om hierdie gebed te bid:Psalm 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!As jy vermoed dat jou motiewe dalk nie heeltemal suiwer is nie, vra God vir sy hulp om dit uit te sorteer. Hy sal ‘n hemelsbreë verskil maak.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 24, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 139:23-24 Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! Het jy al ooit gesien hoe iemand ‘n absoluut simpel ding doen of sê, en gewonder: As hulle net kon sien hoe dom hulle lyk! Dis ook maar goed dat ek en jy nooit so optree nie. Nè? Selfkennis is om te weet wat ons dryf; watter trots of seer uit die verlede en watter selfsug of begeerte in die hede, die re...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Selfkennis is die Sleutel

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 24, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!