Selfs Wanneer Jy Oud Word … episode artwork

EPISODE · May 23, 2024 · 2 MIN

Selfs Wanneer Jy Oud Word …

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 92:13-16 Maar regverdiges sal blom soos ’n palmboom, en welig groei soos ’n seder van die Libanon. Geplant in die Here se huis, groei hulle weelderig in die voorhowe van ons God. Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra hulle is vars en lewenskragtig. Hulle sal sê: Die Here is regverdig. Hy is my rots. By Hom is daar geen onreg nie.” (NLV) Een van die groot tragedies wat deesdae soos 'n wêreldwye pandemie afspeel, is dat ouer mans en vroue – diegene met die ervaring en wysheid van jare – handdoek ingooi.Wat bedoel ek met handdoek ingooi? Ek bedoel dat hulle ophou om ander mense te dien. Hulle hou op om hul gawes, vermoëns en tyd  - waarvan hulle nou in oorvloed het - te gee om ander te seën. Ja, ons weet almal dat ‘n mens die een of ander tyd jou betaalde diens sal staak. Goed.Maar te dikwels besluit mense dat dit nou die tyd is om aan hulle aftree-drome en begeertes te dink … ja-nee dit gaan alles oor my. Ék sal om die wêreld vaar. Ék sal lekker dinge vind om myself mee besig te hou. So bietjie vir bietjie fokus hulle uiteindelik meer en meer op hulself, en verkwis hulle vermoëns, ervaring en wysheid.Maar dit is nie hoe dit veronderstel is om te wees nie, want hoe meer jy op jouself gefokus is, hoe minder bevredigend word die lewe. Nouja, hier is God se plan - ingeval jy wonder:Psalm 92:12-15 Maar regverdiges sal blom soos ’n palmboom, en welig groei soos ’n seder van die Libanon. Geplant in die Here se huis, groei hulle weelderig in die voorhowe van ons God. Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra hulle is vars en lewenskragtig. Hulle sal sê: Die Here is regverdig. Hy is my rots. By Hom is daar geen onreg nie.” (NLV)Ons verstaan dat ons, soos ons ouer word, liggaamskrag verloor, totdat ons eendag doodgaan. Maar diegene wat aan die Here behoort, is veronderstel om aan te hou om vrugte te dra … net soos die jong, gesonde bome. Hulle werk is om deur die lewe wat hulle lei, vir almal ‘n voorbeeld te wees van hoe goed die Here is.Moenie handdoek ingooi nie. Hou aan om vrugte te dra.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 23, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 92:13-16 Maar regverdiges sal blom soos ’n palmboom, en welig groei soos ’n seder van die Libanon. Geplant in die Here se huis, groei hulle weelderig in die voorhowe van ons God. Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra hulle is vars en lewenskragtig. Hulle sal sê: Die Here is regverdig. Hy is my rots. By Hom is daar geen onreg nie.” (NLV) Een van die groot tragedies wat deesdae soos 'n wêreldwye pandemie afspeel, is dat ouer mans en vroue – diegene met die e...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Selfs Wanneer Jy Oud Word …

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 23, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!