Selfsug en Trots episode artwork

EPISODE · Jul 17, 2025 · 2 MIN

Selfsug en Trots

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFilippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. In die lewe wat net elke dag besiger en besiger word, is dit soms die moeite werd om selfondersoek te doen. Vra jouself af: hoekom het ek daardie ding gedink, gesê of gedoen? Hoekom het ek daardie negatiewe gedagtes oor my suster gehad? Hoekom het ek my huweliksmaat afgejak? Hoekom het ek geld gemors op daardie nuttelose artikel of speelding? Hoekom?Die rede waarom ek dit vandag met jou deel, is omdat ons te dikwels uit selfsug, en soms uit trots, dinge dink, sê en doen. Ja, my vriend, ons weet almal die gemiddelde mens is 'n ongelooflike selfsugtige wese.Dis aaklig! Een van die belangrikste dinge wat ons ons kinders van kleins af moet leer, is, om nie selfsugtig te wees nie. Want mettertyd soos hulle grootword – soos ons ook grootgeword het – verander daardie selfsug so maklik in 'n gevoel van trots.Wees eerlik. As jy dink aan jou hantering van diegene rondom jou, in watter mate het daardie twee karperde – selfsug en trots – jou gedrag beïnvloed? Miskien is dit tyd vir 'n realiteitstoets.Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.Hoe hanteer jy jou selfsug en trots wanneer dit moeilik is om jou emosies te beteuel? Hulle steek immers al te dikwels hul lelike koppe uit - veral wanneer jy onder druk is of wanneer jy selfs seerkry in die proses. Hoe, vra ek jou?Die antwoord is om vir ander om te gee. Stel ongeveins belang in wat in hulle lewens aangaan.Dit is snaaks hoe selfsug en trots verdamp, wanneer jy opreg omgee en opreg besorg is oor die behoeftes van ander.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 17, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. In die lewe wat net elke dag besiger en besiger word, is dit soms die moeite werd om selfondersoek te doen. Vra jouself af: hoekom het ek daardie ding gedink, gesê of gedoen? Hoekom het ek daardie negatiewe gedagtes oor my suster gehad? Hoekom he...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Selfsug en Trots

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 17, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!