EPISODE · Sep 2, 2026 · 2 MIN
September Nuusbrief 1
from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Send us Fan MailGoeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir September.Kan jy onthou wat staan in Jakobus 5:17? Ja, Elia was 'n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie." Kom ons kyk sommer net na twee voorbeelde van Elia se gemoedstoestand: Hy het op ‘n kol so bang geword toe koningin Isebel gedreig het om hom dood te maak. In plaas daarvan om op God te vertrou, het hy woestyn toe gevlug. Hy het ook aan depressie gely – hy het onder 'n besembos gaan sit en die Here gevra om sy lewe te neem. Maar, toe Elia bid, het God twee menslik onmoontlike wonderwerke gedoen – eers die reën weggehou en toe die reën gebring. As dít die krag van gebed is, en die feit dat jy nie “’n super-heilige-mens” moet wees voordat God jou gebede gaan verhoor nie, weet ek dat jy met groot vrymoedigheid vir jóú land kan bid.Kom ons staan soos een man saam om in hierdie moeilike tyd waar dinge oor die hele wêreld deurmekaar lyk, vir jou land te bid in die geloof dat gebed die toekoms in die Naam van Jesus kan verander; want ons weet daar staan in Matteus 18:19-20 dat Jesus gesê het: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle. Kom ons bid saam:o dat die leiers van die land gered sal word en tot kennis van die Waarheid sal kom; dat hulle eerlik; met integriteit en met verantwoordelikheid sal regeer.o dat God se kinders hulleself sal verootmoedig, sal bid, sy aangesig sal soek en hulle sal bekeer van hulle verkeerde weë.o dat God ons mense se oë sal oopmaak om te sien dat harde werk, deursettingsvermoë en 'n werksetiek van die belangrikste boublokke tot sukses is.o Dank die Here vir almal wat saam met ons bid, en bid vir hul beskerming teen die Bose.Baie dankie vir jou getroue vennootskap en voorbidding vir VARS; jou gebede dra hierdie bediening elke dag. Indien die Here dit op jou hart lê, kan jy ons ook plaaslike werk finansieel ondersteun. Jou vrygewigheid kan help om die boodskap van die Koninkryk van Jesus Christus tot in die verste uithoeke van die aarde uit te dra.Seënwense en mooi loop!Van Jokkie, Annelie en die VARS-spanSupport the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Embed this episode
What this episode covers
Send us Fan Mail Goeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir September. Kan jy onthou wat staan in Jakobus 5:17? Ja, Elia was 'n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie." Kom ons kyk sommer net na twee voorbeelde van Elia se gemoedstoestand: Hy het op ‘n kol so bang geword toe koningin Isebel gedreig het om hom dood te maak. In plaas...
Ready to play
September Nuusbrief 1
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.