Sien om na Ander se Behoeftes episode artwork

EPISODE · Feb 13, 2024 · 2 MIN

Sien om na Ander se Behoeftes

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine15:1-3 Dié van ons met ’n sterk geloof behoort die twyfel en vrese van ons medegelowiges met ’n sensitiewe geloof in aanmerking te neem en nie ons eie belange voorop stel nie. Ons moet aan die beswil van ons naaste dink en hulle so in hulle geloofslewe help opbou. Ook Christus het immers nie aan sy eie sin en wil voorkeur gegee nie. Soos die Skrif sê: “Dié wat U beledig, beledig ook vir My.” (NLV) In hierdie moderne tyd waarin ons leef, sien jy soveel mense wat met groot lawaai op hul regte aandring. Die gevaar is dat dit ons ook kan beïnvloed om te dink dit is ons reg om sekere eise te stel. Maar moenie dink dat dit 'n nuwe verskynsel is nie.Reeds in die 1ste eeu n.C. toe die Christendom uit Judaïsme ontstaan het, was daar baie onenigheid onder hierdie nuwe Christene oor sake soos: Watter kos mag jy eet? Watter vleis is rein en watter is onrein? Mag jy wyn drink, of nie? En so was daar baie stryery.Vandag is die meeste van daardie kwessies, vir die oorgrote meerderheid Christene, opgelos. Maar die saak wat die apostel Paulus in sy brief aan die Romeine hanteer, is die feit dat party van die Christene aangedring het op sekere nuutgevonde vryhede wat die geloof van ander gelowiges ondermyn het. Romeine 15:1-3 Dié van ons met ’n sterk geloof behoort die twyfel en vrese van ons medegelowiges met ’n sensitiewe geloof in aanmerking te neem en nie ons eie belange voorop stel nie. Ons moet aan die beswil van ons naaste dink en hulle so in hulle geloofslewe help opbou. Ook Christus het immers nie aan sy eie sin en wil voorkeur gegee nie. Soos die Skrif sê: “Dié wat U beledig, beledig ook vir My.” (NLV)Wat sê hy hier? Selfs wanneer jy voel dat jy op iets geregtig is - ek bedoel wanneer jy oortuig is dat jy reg is – is ‘om reg te wees’ en die argument te wen, nie die einddoel waarna ons moet mik nie. Oorweeg eerder die impak van jou reg, waarop jy glo jy geregtig is, op jou buurman … al is jou buurman ook verkeerd.Met ander woorde, God se boodskap aan ons is dit: moenie aandring op jou regte, indien dit iemand anders skade gaan berokken nie; Christus het nie aan sy eie sin en wil voorkeur gegee nie, maar eerder na die Kruis gegaan om vir jou sonde en myne te betaal.Hou op om ander seer te maak deur jouself tevrede te stel.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 13, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine15:1-3 Dié van ons met ’n sterk geloof behoort die twyfel en vrese van ons medegelowiges met ’n sensitiewe geloof in aanmerking te neem en nie ons eie belange voorop stel nie. Ons moet aan die beswil van ons naaste dink en hulle so in hulle geloofslewe help opbou. Ook Christus het immers nie aan sy eie sin en wil voorkeur gegee nie. Soos die Skrif sê: “Dié wat U beledig, beledig ook vir My.” (NLV) In hierdie moderne tyd waarin ons leef, sien jy soveel mense wat ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Sien om na Ander se Behoeftes

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 13, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!