EPISODE · Sep 4, 2026 · 3 MIN
Sien Verder as Jouself
from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Send us Fan MailLukas 6:37 “Moenie oordeel nie, dan sal ook julle beslis nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, dan sal julle ook nie veroordeel word nie. Vergeef, dan sal julle ook vergewe word.”(AFR20) Ons dink dikwels ons verstaan ander mense. Maar die waarheid is, ons kyk gewoonlik deur ons eie bril - ons eie kultuur, ons agtergrond en die dinge waarmee ons gemaklik is, na hulle. En as dit al is wat ons weet, mis ons heeltemal hoe die lewe lyk vir mense wat ’n totaal ander pad as ons gestap het.Het jy al daardie landkaart gesien wat die wêreld in twee deel? Albei helftes het vier biljoen mense. Die een helfte se mense woon oral oor die wêreld versprei. Maar die ander helfte sit almal saamgepak in ’n klein deeltjie van Asië. Dieselfde aantal mense; maar twee totaal verskillende wêrelde.Dit laat jou regtig twee keer kyk. Ons is so gewoond daaraan om die wêreld net vanuit ons eie hoek te sien, maar hierdie kaart wys hoe min ons eintlik van ander mense se wêrelde weet. En die waarheid is, ons doen presies dieselfde met mense met wie ons in die regte lewe skouers skuur.Ons dink ons sien die hele prentjie, maar intussen dra mense stories saam wat ons glad nie verstaan nie. Juis hier kom sny Jesus reg deur ons blindheid in: Lukas 6:37:“Moenie oordeel nie, dan sal ook julle beslis nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, dan sal julle ook nie veroordeel word nie. Vergeef, dan sal julle ook vergewe word.” (AFR20)Agter hierdie woorde is eintlik ’n groot uitnodiging - om ons eie trots en vooroordele ’n bietjie te laat staan, en mense regtig raak te sien. Dis dán wanneer ons, in ‘n klein mate, mekaar se harte begin verstaan. Is daar miskien iemand in jou lewe wat jy heeltemal verkeerd verstaan het, net omdat jy nog altyd uit jou eie oogpunt na hulle kyk?Dink net watter seer, watter moeilike lewe, of selfs watter ongelooflike lewenservaring jy kan ontdek, as jy net vir ’n oomblik stilstaan en na die lewe deur húlle oë kyk!Want wanneer ons anders begin kyk, leer ons om lief te hê net soos Jesus liefgehad het.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Embed this episode
What this episode covers
Send us Fan Mail Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, dan sal ook julle beslis nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, dan sal julle ook nie veroordeel word nie. Vergeef, dan sal julle ook vergewe word.”(AFR20) Ons dink dikwels ons verstaan ander mense. Maar die waarheid is, ons kyk gewoonlik deur ons eie bril - ons eie kultuur, ons agtergrond en die dinge waarmee ons gemaklik is, na hulle. En as dit al is wat ons weet, mis ons heeltemal hoe die lewe lyk vir mense wat ’n totaal ander ...
Ready to play
Sien Verder as Jouself
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.