Skandelike Gedrag episode artwork

EPISODE · Sep 16, 2024 · 2 MIN

Skandelike Gedrag

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMarkus 9:33,34 Toe hulle daarna in Kapernaum by die huis kom, het Hy vir hulle gevra: “Waaroor het julle langs die pad geloop en praat?” Hulle het egter niks geantwoord nie, want hulle het langs die pad met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is. Die meeste mense wil graag hê dat ander mense hulle sal bewonder. Maar weet jy, ongelukkig word ‘n mens so maklik trots. Dit begin in jou woorde; dan in jou gedrag … en op daardie punt, wel, kom ons wees eerlik, dan is dit nie meer ‘n mooi prentjie nie.Is daar iets fout daarmee om daarna te streef om jou beste te wees, of om ‘n wenner te wees? Nie as sulks nie. Dit is goed vir ons om eerbare doelwitte te bereik. Maar wanneer ons wil wen net om iemand anders te laat verloor; wanneer ons in die rangorde wil opskuif deur op iemand te trap, dan is dit sommer net eenvoudig lelik.Het jy al ooit daardie begeerte gehad? Wou jy al ooit net daardie agterbakse ou by die werk koudsit; ja, dáárdie ou wat altyd witvoetjie soek by die baas? Of dalk wou jy beter as die volgende persoon lyk, of wou jy hê dat mense moet dink jy is slimmer as die volgende persoon, of wat ook al? Wanneer jy so voel, wil jy dit geheim hou. Dit was presies wat in hierdie situasie gebeur het:Markus 9:33,34 Toe hulle daarna in Kapernaum by die huis kom, het Hy vir hulle gevra: “Waaroor het julle langs die pad geloop en praat?” Hulle het egter niks geantwoord nie, want hulle het langs die pad met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is.Waarom wou die dissipels Hom nie antwoord nie? Want hulle het geweet dat, in die lig van alles wat hulle tot dusver van Jesus gesien en gehoor het, hierdie gekibbel oor grootheid skandelike gedrag was.Kan ek jou vra: koester jy dalk, ten koste van ander mense, sulke geheime begeertes na grootsheid? Want ons weet mos, dit is skandelik. Daarom wil ons dit geheim hou.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 16, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Markus 9:33,34 Toe hulle daarna in Kapernaum by die huis kom, het Hy vir hulle gevra: “Waaroor het julle langs die pad geloop en praat?” Hulle het egter niks geantwoord nie, want hulle het langs die pad met mekaar gestry oor wie van hulle die belangrikste is. Die meeste mense wil graag hê dat ander mense hulle sal bewonder. Maar weet jy, ongelukkig word ‘n mens so maklik trots. Dit begin in jou woorde; dan in jou gedrag … en op daardie punt, wel, kom ons wees eerlik, d...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Skandelike Gedrag

0:00 2:40

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 16, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!