Skuilplek en Rekenskap episode artwork

EPISODE · Sep 16, 2026 · 2 MIN

Skuilplek en Rekenskap

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailNahum 1:7-8 Die Here is goed, Hy is 'n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil. Maar met 'n vloed wat alles meesleur, vee Hy die plek weg waar Nineve lê, jaag Hy sy vyande die duisternis in. Chaos, oorloë, korrupsie en onreg. Dis die wêreld waarin ons leef. Hoeveel glo jy vandag nog in God se goedheid op ’n skaal van nul tot tien?In die laat 1940's, ná die gruwels van die Tweede Wêreldoorlog, het stede in puin gelê. Miljoene mense was sonder heenkome, en die wêreld se morele kompas was stukkend. Tog het daar uit daardie verwoesting iets buitengewoons gekom: die Marshall-plan.In plaas daarvan om hulle vyande te verpletter, het die VSA enorme hulpbronne ingepomp om Europa en Japan te herbou. Daardie besluit het vernietiging in herstel verander; barmhartigheid in plaas van wraak.En hier staan dit in:Nahum 1:7-8 Die Here is goed, Hy is 'n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil. Maar met 'n vloed wat alles meesleur, vee Hy die plek weg waar Nineve lê, jaag Hy sy vyande die duisternis in.Die profeet Nahum het dít geskryf toe die wrede Assiriërs sy land verwoes het. Vir God se mense was daar ’n dubbele belofte: beskerming vir almal wat Hom vertrou, maar vernietiging vir diegene wat teen Hom veg.Dit is vandag nog waar. As jy na God toe hardloop, is Hy jou veilige vesting. Maar as jy kies om jou eie pad te loop—vol gierigheid, geweld en trots—sal sy oordeel soos ’n vloedgolf kom.So, op jou eie skaal vandag... hoe goed is jou God? Jou antwoord gaan wys waar jy staan wanneer die storms losbars.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 16, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Nahum 1:7-8 Die Here is goed, Hy is 'n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil. Maar met 'n vloed wat alles meesleur, vee Hy die plek weg waar Nineve lê, jaag Hy sy vyande die duisternis in. Chaos, oorloë, korrupsie en onreg. Dis die wêreld waarin ons leef. Hoeveel glo jy vandag nog in God se goedheid op ’n skaal van nul tot tien? In die laat 1940's, ná die gruwels van die Tweede Wêreldoorlog, het stede in puin gelê. Miljoene mense was sonder heenkome,...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Skuilplek en Rekenskap

0:00 2:39

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 16, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!