Slaan jou oë Hemelwaarts episode artwork

EPISODE · Jan 1, 2025 · 3 MIN

Slaan jou oë Hemelwaarts

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 40:26 Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV) Dis hier! 2025 is hier! Kan ek jou op hierdie eerste dag van die nuwe jaar 'n waarlik geseënde jaar toewens? En, weet jy in hierdie deurmekaar wêreld, het nie een van ons ‘n idee wat hierdie jaar gaan oplewer nie.Op hierdie dag, presies ‘n 100 jaar gelede, het 'n man genaamd Edwin Hubble, 'n wetenskaplike referaat by 'n obskure konferensie aangebied. Maar, wat net nog 'n gewone dag was, net nog 'n kalenderblaadjie wat omgeblaai is, was op die ou end ‘n dag wat deur die Discover Magazine as "een van die mees buitengewone datums in die geskiedenis van die wetenskap" bestempel is.Deur noukeurige navorsing en waarneming het Hubble aangekondig dat daar ander sterrestelsels buite ons eie is; dat die Andromeda-nebula of newel, nie bloot nabygeleë gaswolke was nie, maar hele sterrestelsels wat deur die ruimte gewentel het. Dit was letterlik die dag wat die Heelal ontdek is.Ons kyk op na die miljoen of so sigbare sterre van die Melkweg, en weet dat hulle net 'n handvol van die ontelbare sterre in die heelal is – en ons weet nie eers waar dit eindig nie.Dit laat ons son, ons aarde, ons lewens, ons probleme so oneindig klein lyk, so ongelooflik onbelangrik, nie waar nie? En weet jy God … God het hulle almal geskep.Jesaja 40:26 Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV).Soms kan die jaar 'n bietjie wankelrig begin. Miskien tref ons padblokkades langs die pad. Maar die realiteit is dat die God wat daardie "leërmag" in die lug geskep het; Hy wat elke ster op sy naam ken, dieselfde God is wat jou ongelooflik liefhet. En Hy het die begeerte om jou deur alles wat in jou toekoms oor jou pad kom, te lei.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 1, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 40:26 Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV) Dis hier! 2025 is hier! Kan ek jou op hierdie eerste dag van die nuwe jaar 'n waarlik geseënde jaar toewens? En, weet jy in hierdie deurmekaar wêreld, het nie een van ons ‘n idee wat hierdie jaar gaan oplewer nie. Op hierdie dag, presies ‘...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Slaan jou oë Hemelwaarts

0:00 3:14

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 1, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!