So Wonderlik episode artwork

EPISODE · Feb 17, 2025 · 2 MIN

So Wonderlik

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 23:6 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. Is dit nie wonderlik wanneer iemand onverwags vriendelik teenoor jou is nie? Wanneer iemand uit die bloute iets vir jou doen wat jy nie verwag het nie? Maar ek wil jou nou van iets nog beter vertel.So, wat kan beter wees as 'n daad van onverwagte vriendelikheid? Wel, ek sal jou vertel. Dit is wanneer iemand jou deur voorspoed en teëspoed bystaan. Wanneer hy nooit, ooit, ongeag die omstandighede, sy ondersteuning onttrek nie. Dit is hoe ‘n huwelik veronderstel is om te wees. Maar ongelukkig gee huweliksmaats deesdae al te dikwels moed op met mekaar – óf hulle leef in 'n ongemaklike geforseerde ‘vrede’ óf hulle gaan uitmekaar.Deesdae gaan dit dikwels dieselfde met vriendskappe. Jy ken iemand dalk al jare lank en het hom selfs as 'n vriend beskou. En kyk net hoe maklik is dit vandag om wanneer hy jou begin irriteer, om hom eenvoudig, sonder ‘n verduideliking, af te sny; om op te hou om sy oproepe te neem; om op te hou om afsprake met hom te reël.Dit is hoekom die onvoorwaardelike getrouheid van God, in hierdie tye waarin ons leef, so verbasend en uniek is:Psalm 23:6 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.God se geduld met jou sal nooit opraak nie. Hy sal nooit wegstap nie, nooit ophou om jou oproepe te neem nie. Nie net is Hy goed en genadig nie, maar sy goedheid en barmhartigheid sal jou volg al die dae van jou lewe – selfs wanneer die onweerswolke inrol; selfs wanneer jy Hom in die steek laat.En meer as dit, wanneer jy jou vertroue volkome in Jesus stel… het jy ‘n ewige toekoms by Hom. Wonderlik!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 17, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 23:6 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae. Is dit nie wonderlik wanneer iemand onverwags vriendelik teenoor jou is nie? Wanneer iemand uit die bloute iets vir jou doen wat jy nie verwag het nie? Maar ek wil jou nou van iets nog beter vertel. So, wat kan beter wees as 'n daad van onverwagte vriendelikheid? Wel, ek sal jou vertel. Dit is wanneer iemand jou deur voorspoed en teëspoed byst...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

So Wonderlik

0:00 2:47

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 17, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!