EPISODE · Sep 11, 2022 · 42 MIN
Sondag 11 September 2022 Stephan Briel
from Bergbron Gereformeerde Kerk Preke · host Gereformeerde kerk Bergbron
Lees: 2 Kor 3:4-11 en 2 Kor 4:1-7 (OAV). Fokus: 2 Kor 4:2. Verwerp die verborge dinge van skaamte deur die waarheid in Christus. God wil ons verander van heerlikheid tot heerlikheid (2 Kor 3:18) maar skaamte staan in die pad. Beskaming sê vir jou jy is foutief in jou wese, jou bestaan is ‘n fout, jy het dit maar net nie wat nodig is in jou omstandighede nie. Skaamte word op jou geplaas deur onverwagse woede uitbarstings van mense in gesagsposisies oor jou. Skaamte laat jou op jouself, die erdekruik (verse 5,7), fokus. Paulus noem 2 maniere waardeur ons ons skaamte probeer verberg: geslepe kundigheid en vervalsing van die Woord van God. Hierdie maniere waarmee ons ons skaamte probeer verberg, moet ons verwerp deur “die waarheid aan die lig te bring…” Die Heilige Gees laat ons in elke omstandighede fokus op die waarheid in Christus en bring so vir ons bevryding van skaamte. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Hoe blokkeer skaamte God se heerlikheid in jou lewe? Op watter gebied van jou lewe voel jy waardeloos en hopeloos? Op watter maniere probeer jy skaamte in jou lewe verberg? Wat doen jy om goed te lyk en te voel voor mense? Wat is vir jou waar in Christus ivm ‘n spesifieke skaamte in jou lewe?
What this episode covers

NOW PLAYING
Sondag 11 September 2022 Stephan Briel
No transcript for this episode yet