EPISODE · Feb 20, 2022 · 35 MIN
Sondag 22 Februarie 2022 Stephan Briel
from Bergbron Gereformeerde Kerk Preke · host Gereformeerde kerk Bergbron
Lees: Jes 61:1-11 en Luk 4:16-21. Fokus: Jes 61:1-3 (OAV). Bergbron visie: Gesalf vir bevryding! Vestings is die hoof oorsaak dat Christene so verslae lewe (2 Kor 10:4). ‘n Vesting is wat jy gebruikom ‘n persoonlike en valse oortuiging, ideë of opinie te versterk of te verdedig teenoor opposisievan buite. ‘n Gewonde siel rig vestings op om leuens (wat gebore is uit traumatiese ervarings) te beskerm,maar terselfdertyd hou hierdie vestings God se waarheid buite. Hierdie vestings kon jou dalk gehelp het in die verlede om verskriklike omstandighede te oorleef.Maar dieselfde vestings bied toegang tot jou lewe aan die bose. As gelowiges moet ons begin om ons gebroke harte (ons gebroke wil, gedagtes en emosies) teverbind aan die wil, gedagtes en waarheid van Jesus Christus (Joh 8:32,36). Wanneer jy jou verbind aan Christus – begin ou valse denkpatrone, gesindhede en oortuigingewyk. Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: Wat word bedoel met vestings in gelowiges se lewens? (2 Kor 10:4) Hoe ontstaan vestings in ons lewens? Wat is die gevolge van vestings in ons lewens? Wat word bedoel met die volgende vestings: agterdog, onafhanklikheid, onvergewingsgesindheid,manipulasie, genotsugtigheid en vrees. Wat is die eerste stap wat ons kan neem om bevry te word van vestings? (Jes 61:1 en Joh 8:32,36)
What this episode covers

NOW PLAYING
Sondag 22 Februarie 2022 Stephan Briel
No transcript for this episode yet