Sondagoggend Eredienste - Ds Zak Scholtz episode artwork

EPISODE · Aug 16, 2026 · 20 MIN

Sondagoggend Eredienste - Ds Zak Scholtz

from Rosestad Godsdiens · host Radio Rosestad

FILEMON 1 Paulus pleit vir Onesimus 8Daarom, al het ek in Christus die volste reg om jou op jou plig te wys, 9doen ek liewer 'n beroep op jou op grond van die liefde. Dit doen ek, Paulus, wat 'n ou man is en nou ook 'n gevangene ter wille van Christus Jesus. 10Ek doen 'n beroep op jou in belang van my kind Onesimus. Hier in die gevangenis het ek sy geestelike vader geword. 11Voorheen was hy vir jou nie bruikbaar nie, maar nou is hy baie bruikbaar sowel vir jou as vir my. 12Ek stuur hom na jou toe terug, en my hart gaan saam met hom. 13Wat my betref, ek sou hom graag by my wou hou, sodat hy my in jou plek kan dien terwyl ek ter wille van die evangelie 'n gevangene is. 14Maar ek wou niks sonder jou instemming doen nie, sodat jou weldaad nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse. 15Miskien was hy 'n kort tydjie van jou af weg juis sodat jy hom vir altyd sou terugkry, 16nou nie langer net as 'n slaaf nie, maar meer as 'n slaaf: as 'n geliefde broer. Dit is hy besonderlik vir my; hoeveel te meer sal hy dit dan nie vir jou wees nie, as mens en as broer in die Here. 17Dus, as jy my as deelgenoot in die geloof beskou, ontvang hom net soos jy my sou ontvang. 18As hy jou enige skade aangedoen het of iets skuld, sit dit op my rekening. 19Hier skryf ek, Paulus, met my eie hand: “Ek sal betaal.” Ek hoef jou natuurlik nie daaraan te herinner dat wat jy is, jy aan my te danke het nie. 20Ja, broer, in die Naam van die Here, bewys my hierdie guns. Maak my hart bly, soos 'n broer in Christus. 21Ek skryf aan jou in die vertroue dat jy sal doen wat ek vra. Ek weet ook dat jy selfs meer as dit sal doen.

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 16, 2026

Embed this episode

NOW PLAYING

Sondagoggend Eredienste - Ds Zak Scholtz

0:00 20:29

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Rosestad Godsdiens?

This episode is 20 minutes long.

When was this Rosestad Godsdiens episode published?

This episode was published on August 16, 2026.

Can I download this Rosestad Godsdiens episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!