Skip to content
Sophia Kapp episode artwork

Nov 13, 2020 59 min

Sophia Kapp

from Wat de vloekwoord?! Hosted by Gerhard van Huyssteen

Sophia Kapp in gesprek met Gerhard van Huyssteen. Sophia Kapp is 'n bekende skrywer van Afrikaanse romanses, liefdesromans en ander fiksiegenres. Verskeie van haar boeke is al bekroon, terwyl haar boeke ook dikwels bo-aan die topverkoperlyste in Suid-Afrika pryk. Een van haar bekendste en gewildste boeke is sekerlik Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva. Sophia is sedert 2013 lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en werk sedert 2014 as taaladviseur by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA). In hierdie aflewering gesels Sophia aan die een kant oor haar persoonlike lewe en die rol wat vloek en ander taboes daarin speel - veral ook in haar verhoudings met haar pa, ma en seun. Aan die ander kant besin sy oor die funksie van vloekwoorde in (veral Afrikaanse) fiksie en hoe die gebruik daarvan van genre tot genre verskil. [Gerhard B van Huyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.] NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers of watkykjy.co.za nie.

Episode details come from the podcast's RSS feed.

Embed this episode

Ready to play

Sophia Kapp

0:00 59:41

No transcript yet.

Requests help us decide what to transcribe next.

Frequently asked questions

How long is this episode of Wat de vloekwoord?!?

This episode is 59 minutes long.

When was this Wat de vloekwoord?! episode published?

This episode was published on November 13, 2020.

Can I download this Wat de vloekwoord?! episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.