Spring Aan Die Werk! episode artwork

EPISODE · Sep 22, 2025 · 3 MIN

Spring Aan Die Werk!

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEfesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Ek is seker ons het almal al op ‘n stadium gedink: "Wel, ek is niks besonders nie. Ek het geen spesifieke vaardighede wat my bo ander laat uitstaan nie. Ek is redelik seker ek sal nooit iets wonderliks in die lewe bereik nie." Ja, soos hulle sê: Ék was ook daar, ek het dit ook gedoen; ek het ook die T-hemp gekry!Srinivasa Ramanujan is in 1887 onder baie arm omstandighede in Indië gebore. Sy pa was 'n eenvoudige klerk in 'n winkel. Hy het Sari’s verkoop en sy ma was ‘n huisvrou. Hy het hom nie laat onderkry deur sy omstandighede nie en deur selfstudie in wiskunde, het hy die akademiese wêreld verbaas met sy briljante bydraes tot hoogs gespesialiseerde wiskundige teorieë. Ten spyte daarvan dat hy geen formele opleiding gehad het nie, het hy op sy eie, komplekse stellings ontdek, wat baie later deur kenners as korrek bewys is.Srinivasa se aangebore briljantheid het die aandag van die Britse wiskundige, G.H. Hardy, getrek. Deur hulle samewerking het Srinivasa erkenning ontvang as een van die geskiedenis se grootste wiskundige denkers. Wie sou dit nou ooit kon voorspel?Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.Tweede kanse in die lewe is maar skaars; en tog is 'n tweede kans in die lewe presies wat God aan enigiemand wat hul vertroue in Jesus stel, gee.Miskien sal ek of jy nooit een van die lysie van belangrike uitvinders in die geskiedenisboeke wees nie, maar ons moet beslis woeker met ons unieke gawes en vermoëns wat Hy aan ons gegee het! So, hoe Hy jou ook al gemaak het, wat ook al jou unieke "ding" is, selfs al lyk dit soos niemand anders s’n nie, onthou: God het jou gemaak wat jy nou is: in Christus Jesus het Hy jou geskep om jou lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy jou bestem het. Gaan voort daarmee!Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 22, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Ek is seker ons het almal al op ‘n stadium gedink: "Wel, ek is niks besonders nie. Ek het geen spesifieke vaardighede wat my bo ander laat uitstaan nie. Ek is redelik seker ek sal nooit iets wonderliks in die lewe bereik nie." Ja, soos hulle sê: Ék was ook daar, ek het dit ook gedoen; ek het ook die T-hemp gekry! Sr...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Spring Aan Die Werk!

0:00 3:16

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 22, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!