Spring In! episode artwork

EPISODE · Jul 23, 2025 · 3 MIN

Spring In!

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLukas 2:49, 50 “Maar hoekom was dit nodig om te soek?” het Hy gevra. “Julle moes geweet het Ek sou in my Vader se huis wees.” Maar hulle het nie verstaan wat Hy bedoel nie. (NLV) Mag ek jou vandag vra: Wat is jou doel in die lewe? Wat gee betekenis aan jou bestaan? Is dit net om jouself gelukkig te maak? Want, 'n lewe wat daarop gerig is om slegs jou eie begeertes te bevredig, en om jouself gelukkig te maak, is een van die leegste, mees onbevredigende lewens wat jy jouself ooit kan voorstel.So, laat ek weer vra, Wat is jou doel? Wat doen jy vir ander mense deur jou unieke, Godgegewe gawes en vermoëns te gebruik om hul lewens te seën en te verryk?Op twaalfjarige ouderdom het Jesus in Jerusalem soek geraak. Stel jou Josef en Maria se paniek voor: "Ons het die Verlosser van die wêreld verloor. En wat sal God sê as Hy sien dat ons hierdie een verantwoordelikheid wat Hy vir ons gegee het, nie nagekom het nie? Maar toe hulle Hom uiteindelik kry, ...Lukas 2:49 “Maar hoekom was dit nodig om te soek?” het Hy gevra. “Julle moes geweet het Ek sou in my Vader se huis wees.” Maar hulle het nie verstaan wat Hy bedoel nie. (NLV).Reeds van 'n baie jong ouderdom af het Jesus baie duidelik geweet wat sy doel in die lewe was en Hy het nie vir ‘n oomblik daaroor getwyfel nie. Wat 'n rolmodel!C.S. Lewis het eenkeer gesê: Die wêreld kan binne tien minute tot ‘n einde kom; intussen moet ons voortgaan om ons plig te doen. Die grootste ding is om as 'n kind van God op jou pos te wees; elke dag te leef asof dit jou laaste is, maar om terselfdertyd te beplan asof die wêreld nog 'n honderd jaar lank gaan voortbestaan.Dis ‘n groot versoeking om ons lewens te leef asof óns die middelpunt van die heelal is; en dat ál wat tel: óns gemak, óns behoeftes en óns toekoms is. Maar my vriend, dis beslis nie waarvoor ons op hierdie aarde geplaas is nie. God het jou geskep, jou geseën en jou geroep om iets unieks te doen en tot seën vir ander te wees. Spring in en doen dit!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 23, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Lukas 2:49, 50 “Maar hoekom was dit nodig om te soek?” het Hy gevra. “Julle moes geweet het Ek sou in my Vader se huis wees.” Maar hulle het nie verstaan wat Hy bedoel nie. (NLV) Mag ek jou vandag vra: Wat is jou doel in die lewe? Wat gee betekenis aan jou bestaan? Is dit net om jouself gelukkig te maak? Want, 'n lewe wat daarop gerig is om slegs jou eie begeertes te bevredig, en om jouself gelukkig te maak, is een van die leegste, mees onbevredigende lewens wat jy jous...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Spring In!

0:00 3:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 23, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!