Staak Jou Besig-wees Sindroom episode artwork

EPISODE · Oct 21, 2025 · 3 MIN

Staak Jou Besig-wees Sindroom

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPrediker 4:5,6 Hulle sê dit is dwaas om met jou hande gevou te sit en niks te werk nie, want jy sal van die honger doodgaan. Maar ek sê: Wees eerder met minder tevrede as om heeltyd agter wind aan te hardloop. (DB) Ek wonder of jy met my sal saamstem dat die ewige besig-wees baie lewens verwoes. “Besig, besig, besig,” klink so belangrik; dit het amper ’n tipe van ‘n status simbool geword. Maar wat gaan in die proses verlore? Watter tol eis hierdie onophoudelike besig-wees op jóú lewe?Ek was nog altyd iemand wat aan harde werk geglo het. Daar is niks mee verkeerd nie, of hoe? Vir dekades het ek om 2:30 of 3-uur in die oggend opgestaan en ná my stiltetyd met die Here, het ek by my lessenaar gaan sit en gewerk.Dis wat ek gedoen het, totdat dit my ingehaal het; totdat my liggaam (amper permanent) uit protes afgeskakel het. Dis my storie, wat is joune? Ek het onlangs iemand hoor sê dat besig-wees en die ewige rondhardlopery om dinge gedaan te kry, ‘n  “gejaagdheidskultuur” genoem word. Dis soos ’n sosiopatiese roofdier wat los in ons lewens rondloop en ons van alles wat vir ons dierbaar is, beroof.Dis moeilik om daarmee te stry. Om hierheen te jaag, dan daarheen te jaag sonder om 'n oomblik te stop, te dink, te bid, te rus, te oefen of selfs net om tyd saam met jou geliefdes deur te bring ... sal jou uiteindelik van jou gesondheid, jou familie, jou vriendskappe en veral jou verhouding met God beroof.Prediker 4:5,6 Hulle sê dit is dwaas om met jou hande gevou te sit en niks te werk nie, want jy sal van die honger doodgaan. Maar ek sê: Wees eerder met minder tevrede as om heeltyd agter wind aan te hardloop. (DB)Natuurlik sal dit jou nêrens bring om heeldag rond te sit en niks te doen nie. Maar – en hier is 'n radikale gedagte – hoe sal jou lewe lyk as jy tevrede kan wees met minder aardse dinge en om meer tyd te hê om in die werklik belangrike dinge in die lewe te belê?Wees eerder met minder tevrede as om heeltyd agter wind aan te hardloop.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 21, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Prediker 4:5,6 Hulle sê dit is dwaas om met jou hande gevou te sit en niks te werk nie, want jy sal van die honger doodgaan. Maar ek sê: Wees eerder met minder tevrede as om heeltyd agter wind aan te hardloop. (DB) Ek wonder of jy met my sal saamstem dat die ewige besig-wees baie lewens verwoes. “Besig, besig, besig,” klink so belangrik; dit het amper ’n tipe van ‘n status simbool geword. Maar wat gaan in die proses verlore? Watter tol eis hierdie onophoudelike besig-we...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Staak Jou Besig-wees Sindroom

0:00 3:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 21, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!