Staak Jou Verskonings episode artwork

EPISODE · Jun 21, 2026 · 2 MIN

Staak Jou Verskonings

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine1:20 Van die begin van die skepping af het God Hom baie duidelik aan ons bekendgemaak. Alhoewel niemand van ons God met die blote oog kan sien nie, het Hy sy groot krag oral in die skepping aan ons kom wys. Sy handewerk wys dat Hy die enigste ware God is. Daarom het die mense geen verskoning nie. (DB) Ons vermoë om voor die hand liggende feite te ontken, is verstommend. Ons kan met onbetwisbare bewyse van die bestaan van iets gekonfronteer word, maar op grond van ons ervaring, ons unieke wêreldbeskouing, ons weergawe van die waarheid, steeds dít wat so duidelik soos daglig is, ontken. Ek het onlangs 'n man ontmoet wat met absolute oortuiging glo dat die wêreld plat is. Ek bedoel, hy glo dit regtig! Sjoe!Maar het jy geweet dat daar ook mense is wat ... wag hiervoor ... nie in die bestaan van God glo nie? Kan dit moontlik waar wees? Ja, weet jy, die verskriklike werklikheid is dat die oorgrote meerderheid van die mensdom nie in God glo nie. Hulle hou vas aan hulle vaste oortuiging dat die heelal nie 'geskep' is nie, maar dat dit sommer net gebeur het, en dat lewe op aarde sommer net ‘ontwikkel’ het.‘n Vorige Amerikaanse president, Ronald Reagan, het op ‘n keer gesê: Ek kan nie die ateïste van hierdie wêreld verstaan nie. Waar dink hulle kom soveel skoonheid en wonderwerke vandaan? Ek het sommer gedink ek moet 'n paar ateïste vir aandete nooi en die mees fantastiese gourmet-maaltyd wat nog ooit voorberei is, bedien. En dan ná die feesmaal vir hulle vra of hulle glo dat daar 'n kok is!Die apostel Paulus het dit so gestel:Romeine 1:20 Van die begin van die skepping af het God Hom baie duidelik aan ons bekendgemaak. Alhoewel niemand van ons God met die blote oog kan sien nie, het Hy sy groot krag oral in die skepping aan ons kom wys. Sy handewerk wys dat Hy die enigste ware God is. Daarom het die mense geen verskoning nie. (DB)Kyk om jou rond. Van die by, wat op die blom in jou tuin sit, tot die piek van Mount Everest, is dit voor die hand liggend. Hy is waarlik God. Ons het dus geen verskoning vir die sondige dinge wat ons doen en die leuens wat ons glo nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 21, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine1:20 Van die begin van die skepping af het God Hom baie duidelik aan ons bekendgemaak. Alhoewel niemand van ons God met die blote oog kan sien nie, het Hy sy groot krag oral in die skepping aan ons kom wys. Sy handewerk wys dat Hy die enigste ware God is. Daarom het die mense geen verskoning nie. (DB) Ons vermoë om voor die hand liggende feite te ontken, is verstommend. Ons kan met onbetwisbare bewyse van die bestaan van iets gekonfronteer word, maar op grond van...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Staak Jou Verskonings

0:00 2:50

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 21, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!