Staan Vas episode artwork

EPISODE · May 7, 2025 · 3 MIN

Staan Vas

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie. Dit voel of die warm dae warmer word en die koue dae al hoe kouer. Of jy glo dat klimaatsverandering ‘n werklikheid is of nie, daar is een ding wat soos ‘n paal bo water staan. Die versekeringsmaatskappye glo dit beslis, aangesien premies die hoogte inskiet as gevolg van verhoogde skade deur natuurrampe.En vir baie mense, met al die krisisse wat in die wêreld en in hul lewens aangaan, lyk dit of die storms van die lewe ook meer gereeld en intenser word. Hoe berei jy voor vir hulle?Daar is 'n eikeboom op Johns Island naby Charleston, Suid-Carolina waarna verwys word as The Angel Oak. Die eikeboom is volgens raming tussen 400 en 500 jaar oud, hoewel sommige mense meen dit kan selfs 1 500 jaar oud wees. Dit is ongeveer 65 voet of 20 meter hoog en dit gooi ‘n skaduwee van ongeveer17 000 vierkante voet of 1600 vierkante meter. Die langste tak is ongeveer 89 voet of 27 meter lank. Geen wonder 400 000 mense gaan jaarliks om hierdie historiese ‘wonderboom’ te sien nie, nè?Hierdie sogenaamde Angel Oak met sy diep wortels en buigsame takke het deur die eeue baie orkane, vloede en natuurrampe oorleef, selfs Orkaan Hugo, 'n kragtige Kategorie 4-storm in 1989, wat wydverspreide verwoesting veroorsaak het.Die feit dat die boom steeds staan, terwyl baie ander omgeval het, het dit 'n simbool van veerkragtigheid en uithouvermoë gemaak.Jeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie.Diep wortels, buigsame ‘takke’ – dis wat jy ontvang as jy op die Here vertrou.En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 7, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Jeremia 17:7-8 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie. Dit voel of die warm dae warmer word en die koue dae al hoe kouer. Of jy glo dat klimaatsverandering ‘n werklikheid is of nie, daar ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Staan Vas

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 7, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!