Stap in Genade In episode artwork

EPISODE · Aug 8, 2026 · 3 MIN

Stap in Genade In

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 6:28-29 Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?”En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.” Jy dink dalk dis ’n vreemde ding vir my om te sê, maar ek gaan dit in elk geval sê: godsdiens sal jou uitput. Jy sal jouself stokflou maak as jy reëls en rituele wil volg en dit sal boonop net skuldgevoelens veroorsaak. En wat is die waarheid? ’n Geloof wat op werke gebaseer is, is soos om op ’n trapmeul te hardloop – dit maak nie saak hoe hard jy werk nie, jy kom nêrens nie.Stel jou dit voor. Jy draf jouself poegaai by die gym, die sweet tap jou af, jou bene brand, jou hart jaag. En wanneer jy uiteindelik die "stop"-knoppie druk ... is jy nog presies op dieselfde plek. Nouja, dis presies hoe godsdiens sonder genade voel. Al die moeite, maar geen vordering nie.Luister nou na hierdie gesprek tussen Jesus en sy dissipels:Johannes 6:28-29: Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?”En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.”Sien jy die kontras? Hulle wou ’n geestelike oefenprogram hê! Doen dít, moenie dát nie, tik die lysie af, betaal jou ledegeld. Maar Jesus trek ‘n streep daardeur en sê bloot: Dit gaan nie oor wat jy doen nie, maar dat jy in My glo.Geloof wat op genade berus, verskil radikaal van godsdiens wat op werke gebaseer is. Dit beteken jy klim van die trapmeul af en besef die grond onder jou voete is reeds stewig, omdat Christus die swaar werk aan die kruis gedoen het.Jesus het, net voordat Hy vir jou aan die kruis gesterf het gesê: Dit is volbring. Dit beteken dat jy nooit eers moet probeer om God se goedkeuring te verdien nie. Jesus het reeds die prys vir jou sonde betaal. Wanneer jy in Hom glo, is jy heeltemal vergewe. So, hier is die keuse: hou aan om jouself moeg te hardloop en nêrens te kom nie ... of stap in genade en loop saam met Jesus - vry, vergewe en geliefd.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 8, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 6:28-29 Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?” En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.” Jy dink dalk dis ’n vreemde ding vir my om te sê, maar ek gaan dit in elk geval sê: godsdiens sal jou uitput. Jy sal jouself stokflou maak as jy reëls en rituele wil volg en dit sal boonop net skuldgevoelens veroorsaak. En wat is die waarheid? ’n Geloof wat op werke gebaseer is,...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Stap in Genade In

0:00 3:14

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 8, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!