Sterf Daagliks saam met Christus episode artwork

EPISODE · Aug 20, 2024 · 3 MIN

Sterf Daagliks saam met Christus

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGalasiërs 2:19, 20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. As ons heeltemal eerlik met onsself is, sal ons ruiterlik erken dat baie van die dinge wat ons in hierdie wêreld begeer selfsugtig, misleidend … en eenvoudig verkeerd is. En ons weet, dat selfsug moeilik is om nek om te draai.Wou jy al ooit ‘n punt bewys en teen iemand uitvaar, bloot omdat jy jou vir die persoon vererg het? Of wou jy meer geld hê, terwyl jy regtig meer as genoeg het en iemand wat jy ken, hulp broodnodig nodig het? Het jy al ooit … toemaar, jy verstaan, nè?Ons het elkeen soveel sulke begeertes wat op die oog af goed lyk ... totdat jy besef dat dit alles oor "my" gaan. My behoeftes, my begeertes. En die wêreld moedig jou aan en sterk jou in jou kwaad: Dis reg, jy verdien dit. Jy is belangrik. Klim in, vat dit.En so, regeer en verwoes selfsug ons lewens. Miskien glo jy in Jesus, maar jy is, wie jy is. Jy wil hê wat jy wil hê en jy gaan dit kry.Die apostel Paulus het 'n heel ander benadering:Galasiërs 2:19, 20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.Wat beteken dit om saam met Christus gekruisig te wees? Dit is beslis ‘n radikale stap om te neem. Dit beteken om aan die ‘eie ek’ te sterf en vir Christus te lewe. En onthou, Jesus het gesê dat elkeen wat Hom wil volg, nie net een keer nie, maar elke dag sy kruis moet opneem, want selfsug het die neiging om onverwags na die oppervlak te kom.Soos iemand eenkeer gesê het: jy moet daagliks aan jouself sterf, om ten volle vir Christus te kan lewe, sodat jy, soos Paulus, waarlik kan sê ... dis nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 20, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Galasiërs 2:19, 20 ...ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. As ons heeltemal eerlik met onsself is, sal ons ruiterlik erken dat baie van die dinge wat ons in hierdie wêreld begeer selfsugtig, misleidend … en eenvoudig verkeerd is. En ons weet, dat selfsug moeilik is o...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Sterf Daagliks saam met Christus

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 20, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!