Stop! Hou op om ‘n Beter Persoon te Wees episode artwork

EPISODE · Jul 5, 2025 · 3 MIN

Stop! Hou op om ‘n Beter Persoon te Wees

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailGalasiërs 5:22-23 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Deur die jare het dit my ongelooflik baie gefrustreer, dat hoe harder ek probeer het om my eie ingewortelde karakterfoute te hanteer (en ons almal het foute) dat ek nie in staat was om ‘n enkele een daarvan op my eie te verander nie. Ai, jy kan nie dink hoe dit my ontstel het nie! Kry jy dit reg om jou karakterfoute reg te stel?Tydens die 16de eeu het die seerower, Grace O'Malley, die Ierse See geterroriseer. Hierdie dame was bekend vir haar wreedheid en het 'n vloot aangevoer wat skepe en selfs nedersettings aan die kus geplunder het.Maar haar lewe het 'n dramatiese wending geneem na 'n baie interessante ontmoeting met Engeland se koningin Elizabeth I. Tydens 'n persoonlike ontmoeting, het O'Malley se intelligensie en felle onafhanklikheid die koningin so beïndruk, dat sy 'n koninklike kwytskelding aan hierdie gevaarlike seerower se seun uitgereik het.Hierdie ontmoeting het O'Malley se hart versag. Haar lewe het heeltemal verander, sy het ‘n nuwe koers ingeslaan; haar fokus het verskuif van flagrante wetteloosheid, en van die plundering van haar mense, na die beskerming van hulle. Dit was werklik 'n merkwaardige ommeswaai.Maar niks daarvan sou gebeur het sonder daardie persoonlike ontmoeting met die koningin nie.Galasiërs 5:22-23 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.Ons kan aan ons gebreke werk totdat die perde horings kry, maar weet jy, die werklike verandering, blywende verandering gebeur amper nooit nie. Maar wanneer ons 'n ware ontmoeting met Jesus, die Koning van die konings het, plaas Hy sy Gees - die Heilige Gees - in ons en Hy is die een wat die vrug voortbring, die merkwaardige ommeswaai waarna ons nog altyd gesmag het.En dis nie eers teen die wet nie!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 5, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Galasiërs 5:22-23 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Deur die jare het dit my ongelooflik baie gefrustreer, dat hoe harder ek probeer het om my eie ingewortelde karakterfoute te hanteer (en ons almal het foute) dat ek nie in staat was om ‘n enkele een daarvan op my eie te verander nie. Ai, jy kan nie dink hoe dit my ontste...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Stop! Hou op om ‘n Beter Persoon te Wees

0:00 3:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 5, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!