Stop Vloeke van die Voorgeslag episode artwork

EPISODE · Apr 10, 2025 · 3 MIN

Stop Vloeke van die Voorgeslag

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 9:1-3 Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?” En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. Het jy al ooit gevoel asof jy aan die agterspeen gesuig het en asof geluk jou die rug toegekeer het? Miskien blameer jy die gene wat jy van jou ouers en voorouers geërf het, wat jou gesondheidsprobleme gee of teëspoed veroorsaak het. En blameer jy dalk sommige van die houdings of gedrag van jou voorouers wat jou steeds teister. Ja, ek weet nie alles wat ons geërf het en aan ons oorgedra is, is klopdisselboom nie.Dit klink miskien 'n bietjie pessimisties, maar selfs al het jy, soos ek, wonderlike ouers gehad - was hulle nie perfek nie. My ma het haar hele lewe lank aan angs gely. My pa was 'n roker en 'n diabeet - wat uiteindelik op die ouderdom van net 74, waarskynlik sy dood veroorsaak het.En weet jy, snaaksgenoeg praat die Bybel van vloeke van die voorgeslagte. Soveel so, dat mense (in Johannes 9) vir Jesus gevra het of ‘n sekere man se blindheid veroorsaak is deur ‘n vloek van sy voorgeslagte: Johannes 9:1-3 Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?” En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word.Watter vloek ook al aan jou oorgedra is, Jesus het gekom om jou vry te maak. En jou aandeel daarin? Die Ghanese pastoor Mensa Otabil stel dit so: Dikwels is sogenaamde vloeke van die voorgeslagte bloot mense wat dieselfde keuses en patrone herhaal wat hulle by hul ouers gesien het. Jy eet dieselfde kos wat jou pa geëet het, en jy vind dat jy dieselfde siektes as hy kry. Dikwels is die oplossing om bloot ’n keuse te maak om jou lewe anders te leef as die voorbeelde wat jy gesien het.So, breek daardie siklus. As jy nie uit 'n goeie familie kom nie, maak seker dat jou gesin 'n goeie gesin is.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 10, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 9:1-3 Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?” En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. Het jy al ooit gevoel asof jy aan die agterspeen gesuig het en asof geluk jou die rug toegekeer het? Miskie...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Stop Vloeke van die Voorgeslag

0:00 3:13

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 10, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!