Strome van Seẽn episode artwork

EPISODE · Nov 5, 2024 · 3 MIN

Strome van Seẽn

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 7:37-39 “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie. Was jy al ooit tot oorlopens toe vol vreugde? Die soort wat nie weggaan in tye van moeilikheid nie? Ek praat van soveel vreugde dat jy selfs wanneer jy swaarkry, wil sing. Miskien wonder jy … hoe kan ek in tye van moeilikheid vreugde hê? Dis onmoontlik! Wag! Moenie weggaan nie.Ek weet dit klink onlogies, maar die bittersoet ervaring van vreugde wanneer jy in die moeilikheid is, is regtig ‘n wonderlike ding. Almal sal jou vertel dat mense in moeilike tye, veronderstel is om morbied en somber te voel, nie waar nie? Ons gesonde verstand vertel ons dit ook. En tog hoef dit nie so te wees nie.Tydens 'n groot fees in Jerusalem het Jesus opgestaan en vir die skare gesê:Johannes 7: 37 -39 “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ” Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie.Ja-nee, geen wonder dat die godsdienstige leiers Hom wou doodmaak nie – Hy het in werklikheid beweer dat Hy God is en dit was vir hulle absoluut ‘n valse leer. Maar toe vertel Jesus hulle nog boonop dat sy Heilige Gees dié wat in Hom glo, sal vul met 'n vloedgolf van seën. Nie net een rivier nie – nie net ’n Jordaan of ‘n Eufraat, ’n Nyl of ’n Amasone nie – maar riviere van lewende water!Die Heilige Gees. God self stroom in jou hart in. Maar weet jy, soos die dorstiges na Jesus gekom het om te drink; vloei sy Gees deur ons na ander mense uit, want ons kan dít wat Hy vir ons gee, nie keer nie. Riviere! Pure vreugde. 'n Vloedgolf van seën. Dis wat Jesus vir jou het.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 5, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 7:37-39 “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang. Die Gees was nog nie uitgestort nie, omdat Jesus toe nog nie verheerlik was nie. Was jy al ooit tot oorlopens toe vol vreugde? Die soort wat nie weggaan in tye van moeilikheid nie? Ek praat van soveel v...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Strome van Seẽn

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 5, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!