Struikel, Maar Moenie Val Nie episode artwork

EPISODE · Feb 19, 2025 · 3 MIN

Struikel, Maar Moenie Val Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 37:23,24 Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas. Enigiemand wat al ooit probeer het om gewig te verloor (ek dink dit is deesdae omtrent 90% van die bevolking) sal daardie verskriklike gevoel wanneer jy voor die versoeking swig, maar al te goed ken – daardie onbeteuelbare lus vir gemorskos. Die oomblik wat jy dit in jou mond sit, laat dit jou soos 'n volslae mislukking, 'n totale verloorder voel!Dit is nie net van toepassing op ‘n poging om gewig te verloor nie, dit gebeur in elke sfeer van die lewe; in elke uitdaging wat jy vir jouself stel. Op 'n stadium struikel jy en wanneer jy dit doen, is jy in die versoeking om tou op te gooi. Wat net 'n blote struikeling was, kan vinnig in 'n almagtige val verander.'n Paar jaar gelede het ek 'n e-pos van 'n jongman ontvang. Hy het pas ’n Christen geword … en toe, ’n paar weke later, het hy uitgegaan en verskriklik dronk geword. Hy het gevoel dat hy sy verhouding met God heeltemal geruïneer het … maar toe luister hy na een van ons radioprogramme.Dit is wat hy geskryf het: Ek het geweet dat wat ek gedoen het, my verhouding met God groot skade aangedoen het; ek het Hom in die steek gelaat! Maar toe hoor ek jou sê dat God se genade vir my genoeg is. Dis toe dat ek besef het, dit is selfs vir my genoeg! Dit gaan alles oor wat Jesus vir my gedoen het. Dit is asof God daardie aand direk met my gepraat het.En dit, my vriend, is presies wat veronderstel is om te gebeur; dit is presies wat God belowe Hy sal doen wanneer ons struikel:Psalm 37:23,24 Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas.Het jy in die afgelope tyd gestruikel? Het jy soos 'n volslae mislukking gevoel? Dan reik God vandag na jou uit, want dit is wat Hy doen. Wanneer jy struikel, sal jy nie val nie, want die Here sal na jou uitreik en jou hand vashou.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 19, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 37:23,24 Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas. Enigiemand wat al ooit probeer het om gewig te verloor (ek dink dit is deesdae omtrent 90% van die bevolking) sal daardie verskriklike gevoel wanneer jy voor die versoeking swig, maar al te goed ken – daardie onbeteuelbare lus vir gemorskos. Die oomblik wat jy dit in jou mond sit, laat dit jou soos 'n volslae mi...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Struikel, Maar Moenie Val Nie

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 19, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!